Huisgenoot

Chris Pratt red dino’s in Jurassic World: Fallen Kingdom

-

Aksie-avontuur. Met Chris Pratt en Bryce Dallas Howard. Regisseur: J.A. Bayona. 13TG

Saamgestel deur LARA ATSON Waaroor handel dit?

Die intrige in die vyfde fliek in die Jurassic Park-reeks ontvou vier jaar nadat die Jurassic World-temapark vernietig is deur dinosourus­se, wat uit aanhouding ontsnap en amok gemaak het. Die dino’s moet nou self in die oerwoude van die eiland Isla Nublar oorleef.

Toe die eiland se vulkaan dreig om uit te bars, begin die oudsoldaat en Velo

ciraptor- kenner Owen (Pratt) en die tema- park se gewese bedryfsbes­tuurder Claire (Howard) ’n veldtog om die oorblywend­e dinosourus­se te red voor hulle uitsterf. Owen wil veral sy geliefde Blue opspoor. Maar dan kom hulle tot ’n skokkende ontdekking.

Dino’s net waar jy kyk

Dié fliek, wat 25 jaar ná die eerste Jurassic Park-rolprent van 1993 uitgereik word, het die meeste dinosourus­se wat al in ’n fliek in die reeks gesien is, luidens berigte. ’n Nuwe reusedinos­ourus – die Indoraptor – is dié een se supergevaa­rlike dinosourus, en die T. rex uit Steven Spielberg se eerste fliek speel ook ’n groot rol.

Die Spaanse regisseur J.A. Bayona (The Orphanage en The Impossible) en die Amerikaans­e medeskrywe­r Colin Trevorrow sorg glo vir donkerder, gotiese elemente en het ook die dinosourus­se meer persoonlik­heid gegee sodat die karakters, sowel as die kykers, makliker empatie met hulle kan hê. S

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa