Huisgenoot

ERTJIESOP MET SPESERYSPE­K

-

GENOEG VIR 6 MENSE BEREIDING: OORNAG GAARMAAK: ONGEVEER 1 UUR 15 ml (1 e) olie 1 ui, gekap 2 preie, gekap 200 g spek, gekap 500 ml (2 k) hoenderaft­reksel 500 g droë ertjies, oornag in water geweek sout en vars gemaalde peper VIR AFRONDING 250 ml (1 k) bevrore ertjies 15 ml (1 e) olie 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 1,25 ml (¼ t) rooipeper 5 ml (1 t) gerookte paprika 2,5 ml (½ t) droë tiemie 1 Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui tot geurig. Voeg die preie by en roerbraai tot sag. Voeg ’n derde van die spek by en roerbraai 5 min. (Hou die res van die spek eenkant tot benodig.) 2 Giet die aftreksel oor en bring tot kookpunt. 3 Dreineer die ertjies en voeg dit by die sop. Voeg nog kookwater by sodat die ertjies heeltemal bedek is. Laat die mengsel ongeveer 35-40 min. kook of tot die ertjies sag is. Roer af en toe en voeg nog water by namate jy dit benodig. 4 Haal die sop van die stoof af en pols met ’n staafmenge­r fyn. Indien verkies, kan jy die sop net so grof hou. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.

5 Vir afronding Giet kookwater oor die ertjies en laat eenkant staan tot benodig. 6 Verhit die olie in ’n pan en braai die spek wat eenkant gehou is tot bros. Voeg die knoffel, speserye en kruie by en roerbraai tot geurig. 7 Skep die sop in bakkies. Dreineer die ertjies en sprinkel dit bo-oor die sop. Skep van die spekmengse­l bo-op en geur met nog vars gemaalde peper, indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa