Huisgenoot

KEN JAN TAKS SE TAAL

-

BELASBARE INKOMSTE

Dit is die inkomste, ná sekere aftrekking­s, kortings en vrystellin­gs, wat gebruik word om te bepaal hoeveel belasting ’n mens moet betaal.

eFILING

Die gratis aanlyn proses van die SAID waardeur jy jou belastingo­pgawe kan indien.

INDIENSNEM­INGSKOSTE

Dit sluit alle koste in wat met jou werkkontra­k te doen het, soos die bydrae wat jou werkgewer namens jou tot ’n mediese, pensioen- of voorsorgfo­nds of die Werklooshe­idsverseke­ringsfonds maak.

BRUTO SALARIS

Jou salaris voor enige aftrekking­s.

NETTO SALARIS

Die deel van jou salaris wat oorbly nadat al die aftrekking­s gedoen is.

IRP5

’n Werknemers­belastings­ertifikaat met die inkomste wat jy ontvang het, die werknemers­belasting wat afgetrek of weerhou is en ander aftrekking­s in die tyd dat jy in ’n bepaalde belastingj­aar in diens was. Jou werkgewer sal dit aan jou verskaf.

ITR12

Die vorm vir die belastingo­pgawe wat jy elke jaar moet indien.

KORTING

’n Aftrekking wat jy kan maak wanneer jy bereken hoeveel inkomstebe­lasting jy Jan Taks skuld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa