Huisgenoot

Bestuur jul geld so saam

Hier’s ’n tienpuntpl­an vir die dag as jou verhouding noodsaak dat jy nie meer alleen oor jou finansies kan besluit nie

- Deur RICHARD VAN RENSBURG

MET jou eie geld kon jy nog altyd maak net wat jy wil. Maar noudat jy getroud is of jy en jou liefie saam nesskop, staan sake anders. Skielik is daar iemand wat saam met jou besluit hoe jou swaarverdi­ende salaris bestee word, en dié nuwe paadjie kan vol duwweltjie­s wees.

Vir baie paartjies is hierdie kopskuif bloot ’n irritasie, maar by sommige waai die hare behoorlik.

Volgens die finansiële beplanner Warren Ingram, uitvoerend­e direkteur van Galileo Capital en skrywer van Become Your Own Financial Advisor, maak geld so ’n belangrike deel van die lewe uit dat jy en jou maat moet probeer om dit te bestuur asof julle in ’n profession­ele vennootska­p is. Hier is ’n tienpuntpl­an met kenners se wenke oor hoe julle die finansiële sy van jul verhouding doeltreffe­nd kan laat werk.

1 VERGELYK EN VERSOEN JUL GELDBENADE­RINGS

Eers moet julle kennis dra van hoe julle elkeen geld hanteer, meen Warren. Mense se ingesteldh­eid teenoor geld verskil en in die meeste gevalle is een maat versigtige­r en die ander een sorgeloser met die besteding daarvan. Dit kan ’n teelaarde vir konflik wees.

Sorè Cloete, senior regsbestuu­rder by Old Mutual, beaam ’n verhouding kan ’n knou kry as maats nie dieselfde besteding s gewoontes het nie. Dis ook belangrik om jul benadering­s tot skuld, inkomste verskille en finansiële verantwoor­delikhede jeens ander lede van die familie te bespreek.

Mense het ook verskillen­de benadering­s tot belegging risiko’ sen dit kan’ n probleem raak as een byvoorbeel­d riskant optree terwyl die ander een dalk oorversigt­ig is, maan Warren.

Gesels openlik oor hoe julle elke aspek van jul geldsake benader sodat julle begrip vir mekaar se gewoontes sal kweek en ’n kompromis kan aangaan.

2 NEEM SAAM BESLUITE OOR FINANSIËLE DOELWITTE

Pare moet oor gesamentli­ke finansiële doelwitte onderhande­l en dan daaroor saamstem, benadruk Warren. “Dit sluit in groot doelwitte soos om ’n nuwe huis te koop of ’n reis oorsee te beplan. Julle moet ooreenkom hoe elkeen regverdig daartoe sal bydra.”

Lewensmaat­s moet ’n gesamentli­ke finansiële plan hê, beaam adv. Sue Torr, besturende direkteur van Crue Invest. “Dis moeilik om gemotiveer­d te wees om te spaar en te belê as jy nie weet waarvoor jy spaar nie. Droom saam oor jul toekoms en beraam saam planne om vir daardie drome te spaar.”

Di tis wenslik om saam’ n langtermyn­beleggings­trategie te ontwikkele­nd i tis

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa