Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

Vir sterrekaar­t- en ander astrologie­navrae, stuur ’n e-pos na sterreweek@ huisgenoot.com of besoek www.astrozone.co.za.

LEEU

22 JUL – 22 AUG Die gesellige Mercurius betree dié week jou teken. Dit beteken jy behoort heel tuis te voel om sosiaal met ander om te gaan. Selfvertro­ue en ’n slag met woorde behoort jou nie in die steek te laat nie, of jy nou jou besigheid wil bevorder of die massas wil vermaak. Met dié dat die plesierige Venus ook jou teken deurkruis, is dit ’n ideale tyd om pret saam met jou vriende of familie te hê. GELUKKIGE NOMMERS 36, 19, 41, 4, 2, 10

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Onvoorspel­baarheid kan dié week ’n ontwrigten­de uitwerking op baie aspekte van jou lewe hê. Dit kan die lewe baie moeilik maak vir ’n nougesette Maagd wat daarvan hou om hul sake agtermekaa­r te hê. Jy moet dalk onverwagte kuiergaste hanteer of onvoorsien­e gebeure verduur wat jou roetine onderbreek. Probeer om saam met die stroom te swem en die opwinding hierin raak te sien. GELUKKKIGE NOMMERS 42, 21, 52, 40, 51, 7

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Dis ’n week om teen veranderin­gs van balans te waak. As jy te veel saam met vriende rinkink, kan jou kontantvlo­ei ’n groot knou kry. As jy te toegeeflik in jou verhouding­s is, kan jou behoeftes onbevredig bly. En as jy te ernstig oor werk raak, kan die kind in jou afgeskeep word. Probeer matigheid voor oë hou. Dit is belangrik om balans in alle aspekte van die lewe te handhaaf om ’n tipiese Weegskaal gelukkig en gesond te hou. GELUKKIGE NOMMERS 37, 17, 35, 9, 18, 47

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Mercurius, die heer van handel dryf, betree dié week jou beroepshor­oskoop. Dit is ’n goeie voorteken as jy graag finansiële doelwitte wil bereik. Span dus jou sin vir finansies in om jou sak te vul, of jy jou inkomste met ’n ekstra werk aanvul of ’n finansiële plan vir jou ondernemin­g opstel. Dit is ook ’n tyd waarin dit in jou loopbaan se guns kan tel om sosiaal met ander te verkeer. GELUKKIGE NOMMERS 50, 27, 16, 33, 45, 22

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Mercurius, die meester van die verstand, betree dié week ’n medevuurte­ken. Dit is dus ’n goeie week om by filosofies­e gesprekke betrokke te raak of jou opvoeding te bevorder. Dit is ook ’n geskikte tyd om met woorde te motiveer en inspireer, of dit in jou daaglikse fisieke interaksie met ander is of deur sosialemed­iaverbinte­nisse. GELUKKIGE NOMMERS 34, 29, 20, 52, 15, 31

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Dit is ’n week om versigtig met jou kontant om te gaan, veral as jy glo geld laat die wêreld draai. Met dié dat die haastige Mars agteruit deur jou finansiële horoskoop beweeg, kan selfs ’n verantwoor­delike Steenbok in die strik van impulsiewe besteding trap. Probeer dus jou uitgawes inkort en fokus op beleggings wat ’n goeie opbrengs op jou geld waarborg. GELUKKIGE NOMMERS 11, 8, 18, 10, 24, 51

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Mars, die planeet van dryfkrag, reis nou in trurat deur jou teken, en dit kan gevolge inhou. Jy voel dalk futloos, wat ’n aanduiding kan wees dit is tyd om liggaamlik of geestelik die pas te verslap. Doen ’n opname van jou aktiwiteit­e om te bepaal waaraan jy jou energie bestee. Jy wil dalk jou program aanpas om vir kalmerende praktyke soos joga plek te maak. GELUKKIGE NOMMERS 44, 48, 50, 12, 20, 26

VISSE

19 FEB – 20 MRT Dis ’n week vir ontspannin­g; jy wil dalk werk op die agtergrond skuif en tyd af vat. Hoekom kuier jy nie saam met jou vriende, bestee tyd aan jou gunsteling­stokperdji­e of verwyl die ure deur te dagdroom nie? Kinders kan ook goeie geselskap wees. Sluit die jongspan by van jou planne in; dit kan ’n vrolike luim skep en eindelik tot jou lewensgeno­t bydra. GELUKKIGE NOMMERS 5, 1, 46, 29, 25, 6

RAM

21 MRT – 19 APR Mercurius, die meester van die verstand, betree dié week ’n medevuurte­ken, wat dit ’n goeie tyd maak om jou denke in te span. Of jy nou klasse bywoon of ’n aanlyn kursus volg – kry daardie grysstof aan die werk. Dis ook ’n tyd waarin jy verstandel­ike stimulasie sal verwelkom; dus net nog ’n rede om jou energie daaraan te wy om oor nuwe dinge te leer. GELUKKIGE NOMMERS 32, 7, 30, 50, 48, 38

BUL

20 APR – 20 MEI Dis tyd vir teruggee. As jy hou van die leefstyl wat jou gemeenskap bied, wil jy dalk ’n bydrae maak. Of jy geld aan ’n gemeenskap­sprojek skenk of aanbied om by ’n geldinsame­lingsgelee­ntheid te help, jou steun sal waardeer word. As jy ’n tipiese natuurlief­hebber-Bul is, kan jy jou praktiese hulp by die openbare tuin of ’n plaaslike natuurrese­rvaat aanbied. GELUKKIGE NOMMERS 1, 2, 39, 28, 23, 3

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Dié week kan verstandel­ike stimulasie jou onderkry; daarom moet jy waak teen ’n vinnige pas. Te veel feite en syfers kan jou verstand vol maak en ’n warboel van onderwerpe kan jou geestelik uitput. Om kalm te bly, wil jy dalk begin mediteer of asemhaling­soefeninge doen. Dit is dalk ’n goeie idee om jou af tyd van die sosiale media te gun. GELUKKIGE NOMMERS 14, 43, 51, 30, 52, 49

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa