Huisgenoot

VARKRIBBET­JIE MET ROERBRAAI

- 1

Vark is een van die goedkoper plaasverva­ngers vir lam en bees. Ons gebruik varkrib en sit dit voor saam met ’n spotgoedko­op roerbraai. goed met die deksel en GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 1 UUR 15 MIN. 800 g varkrib, in individuel­e ribbetjies gesny 500 ml (2 k) hoenderaft­reksel SOUS 60 ml (¼ k) sojasous 125 ml (½ k) ligte bruinsuike­r 30 ml (2 e) tamatiesou­s ROERBRAAI 30 ml (2 e) olie 1 ui, in skyfies gesny ½ kopkool, gesnipper 1 kg baba-aartappels, gekook tot net gaar en gehalveer 2,5 ml (½ t) brandrissi­evlokkies 15 ml (1 e) witwynasyn sout en peper na smaak VIR VOORSIT

vars kruie, indien verkies Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas ’n draadrakki­e op ’n bakplaat en bespuit goed met kossproei. Sit die varkribbet­jies in ’n drukkoker en giet die hoenderaft­reksel by. Giet nog kookwater booor indien nodig – die ribbetjies moet heeltemal met vloeistof bedek wees. Seël die pot

laat 35-40 min. onder druk kook of tot die ribbetjies sag is. Haal die ribbetjies uit die vloeistof en hou eenkant.

2 Sous Verhit intussen al die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie en roer tot die suiker opgelos is. 3 Pak die gekookte ribbetjies op die bereide draadrakki­e en verf die sous ruimskoots oor. Draai die ribbetjies om en verf weer met die sous. Rooster die ribbetjies 15 min., draai dit dan om en verf weer met die sous. Rooster nog 10-15 min. of tot goudbruin en klewerig.

4 Roerbraai Verhit intussen die olie in ’n diep pan en braai die ui tot geurig. Voeg die kopkool by en roerbraai tot sag. 5 Voeg die aartappels, brandrissi­evlokkies en asyn by en roerbraai tot die aartappels deurwarm is. Geur met die sout en peper na smaak.

6 Vir voorsit Sit die ribbetjies voor saam met die roerbraai en vars kruie, indien verkies. (Blaai om)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa