Huisgenoot

TUNA-EN-ERTJIEFRIT­TATA

-

Frittata is smullekker, vullend en gaan jou nie ’n hoop geld kos om te berei nie. Probeer gerus dié tunaweerga­we. GENOEG VIR 4-6 MENSE BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: 30-35 MIN. FRITTATA 250 ml (1 k) bevrore ertjies 2 x 170 g-blikkies tuna, gedreineer 60 ml (¼ k) mayonnaise 15 ml (1 e) grasuie, gekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk sout en vars gemaalde peper 6 aartappels, gekook tot net gaar en in skywe gesny 1 ui, in wiele gesny 125 ml (½ k) cheddarkaa­s, gerasper (opsioneel) k – koppie(s) e – eetlepel(s) EIERVLA 4 eiers, geklits 250 ml (1 k) melk sout en vars gemaalde peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n middelslag­oondbak met kossproei.

1 Frittata Giet kookwater oor die ertjies en laat 10 min. staan. Dreineer en hou eenkant. 2 Plaas die tuna, mayonnaise, grasuie en knoffel in ’n mengbak en meng goed. Geur met die sout t – teelepel(s) en vars gemaalde peper. 3 Pak ’n laag aartappel en ui onderin die bak. Smeer van die tunamengse­l oor en sprinkel die helfte van die ertjies oor. Herhaal die lae en eindig met ’n laag ertjies. Sprinkel die kaas bo-oor indien gebruik.

4 Eiervla Klits al die bestanddel­e goed saam en geur met die sout en vars gemaalde peper. Giet die vla oor die frittata en bak 30-35 min. of tot die eiervla gestol is. Sit voor saam met ’n krakerige groenslaai, indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa