Huisgenoot

Nadia en David se‘babymoon’

-

Voor hul eersteling se koms moet hulle vir oulaas gaan wittebrood hou, het die aktrise en TV-aanbieder Nadia Beukes en haar man, die sakeman David de Villiers, besluit.

“Ons het êrens van ’n babymoon gelees en gedink dis die ideale verskoning vir ’n vakansie voor ons baba aan die einde van Augustus sy opwagting maak,” vertel Nadia.

Toe vlug hulle uit die Suid-Afrikaanse winterkoue en gaan span ’n week lank op Mauritius uit.

“Hoewel ek nie van al die drankies kon drink nie, het ek beslis daarvoor vergoed met al die lekker eetgoed,” sê Nadia. “Ons was darem ook ’n paar keer in die gimnasium. Die strand is lieflik en die winterson by hulle laat dit soos ’n fantasties­e somerdag in Suid-Afrika voel.”

Nog ’n lekkerte was toe Nadia in die spa van die hotel waar hulle tuisgegaan het ’n spesiale swangerska­psbehandel­ing geniet en David ’n massering. Hulle het ook verskeie besienswaa­rdighede op die eiland besoek. Die Sir Seewoosagu­r Ramgoolamb­otaniese tuin, die Sewekleuri­ge Aarde (’n geologiese formasie met sewe kleure sand) en die Rhumerie de Chamarel, waar ’n verskeiden­heid soorte rum vervaardig word, was van die hoogtepunt­e van hul vakansie.

“Ek en David was vanjaar reeds baie besig met werk. Dié blaaskans is net wat ons nodig gehad het om ons batterye te herlaai vir die tweede helfte van die jaar en natuurlik voor die koms van ons kleinding,” klein vertel Nadia.

 ??  ?? LINKS: David de Villiers en Nadia Beukes het onlangs uit die hartjie van die Suid-Afrikaanse winter ontsnap vir ’n eilandwegb­reek op Mauritius.
David en Nadia reis graag en sien daarna uit om binnekort saam met hul kleinding rond te rits.
LINKS: David de Villiers en Nadia Beukes het onlangs uit die hartjie van die Suid-Afrikaanse winter ontsnap vir ’n eilandwegb­reek op Mauritius. David en Nadia reis graag en sien daarna uit om binnekort saam met hul kleinding rond te rits.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa