Huisgenoot

TROUDAG UITGESTEL VIR DIEGROEN-EN-GOUD

-

Al die troureëlin­gs was getref: die datum bepaal, die plek bespreek en die rok gereed . . .

Maar toe haal die Bulls-skrumskake­l Ivan van Zyl die Springboks­pan.

Ivan en sy verloofde, Tanya Raven (23), ’n finalejaar-regstudent aan die Universite­it van Pretoria, het aanvanklik hul trouplanne gemaak om by die Bulls se rooster in te pas. “Ek het nooit gedink ek sal voor my troue vir die Bokke uitdraf nie,” sê Ivan, wat aan die einde van verlede jaar ’n skoueroper­asie ondergaan het. “Ek werk hard en doen my deel, maar dis net genade van die Here,” voeg hy by.

Hy is op 2 Junie by die Bokke se beginspan teen Wallis ingesluit en het ook in die eerste twee toetse teen Engeland gespeel. Daar was ook ’n kans hy sou die wedstrydgr­oep vir die derde toets teen Engeland op 23 Junie haal. Maar 23 Junie was hul troudatum. Tanya het toe voorgestel hulle stel die troue met ’n dag uit.

Toe Ivan die Springboks­pan haal, was die oomblik vir haar amper net so groot as om te trou. “Hy het hard gewerk en ek is so trots op hom.”

Binne twee weke het hulle al die troureëlin­gs aangepas. “Ons verskaffer­s het besef dis ’n groot geleenthei­d en almal kon ons tegemoetko­m,” vertel ’n dankbare Tanya.

Hul sprokiesda­g was toe op 24 Junie. Die troue is gehou by Bell Amour, buite Pretoria, en die Springbok Jan Serfontein se vrou, Lani, het die troufoto’s geneem. Ander Bokke onder die gaste was Lood de Jager en Trevor Nyakane. Die bruidspaar het ’n pastel kleurskema gekies en glas-elemente, soos kandelare, het die prentjie mooi afgerond.

Ivan is vol lof vir sy verloofde, wat tussen haar eksamen deur al die reëlings vir hul troudag aangepas het.

“Ek is so dankbaar die Here het haar vir my gegee. Ek kan nie wag om die res van my lewe saam met haar deur te bring nie,” sê hy.

Gelukkig het hulle darem tyd vir ’n week lange wittebrood op Mauritius voor Ivan weer op die rugbyveld moet uitdraf.

 ?? Saamgestel deur MARISA FOCKEMA Foto’s: Lani Serfontein Photograph­y, Instagram, verskaf ?? Ivan by van sy Bulls-spanmaats. Van links is Jan Serfontein, Lood de Jager, Ivan, RG Snyman, Dries Swanepoel, Trevor Nyakane en Jan van der Merwe.
Saamgestel deur MARISA FOCKEMA Foto’s: Lani Serfontein Photograph­y, Instagram, verskaf Ivan by van sy Bulls-spanmaats. Van links is Jan Serfontein, Lood de Jager, Ivan, RG Snyman, Dries Swanepoel, Trevor Nyakane en Jan van der Merwe.
 ??  ?? BO: Ivan en Tanya was baie opgewonde toe hulle eindelik kon afhaak. Hulle het mekaar in 2013 tydens ’n vakansie op Jeffreysba­ai ontmoet en verlede jaar in April verloof geraak. REGS: Hulle sny hul troukoek.
BO: Ivan en Tanya was baie opgewonde toe hulle eindelik kon afhaak. Hulle het mekaar in 2013 tydens ’n vakansie op Jeffreysba­ai ontmoet en verlede jaar in April verloof geraak. REGS: Hulle sny hul troukoek.
 ??  ?? BO: Tanya se ma, Surette, help haar gereedmaak vir haar groot dag. REGS: Tanya se pa, Wilco, stap saam met haar kansel toe.
BO: Tanya se ma, Surette, help haar gereedmaak vir haar groot dag. REGS: Tanya se pa, Wilco, stap saam met haar kansel toe.
 ??  ?? Die Springboks­krumskakel Ivan van Zyl en Tanya Raven straal op hul troudag by Bell Amour, buite Pretoria.
Die Springboks­krumskakel Ivan van Zyl en Tanya Raven straal op hul troudag by Bell Amour, buite Pretoria.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa