Huisgenoot

JON SNOW TROU

-

Dit was ’n langverwag­te, gelukkige einde vir Game of Thrones-aanhangers toe Kit Harington (die heldhaftig­e Jon Snow) en sy TV-liefde, Rose Leslie (die Wildling-kryger Ygritte), in die werklike lewe trou.

Al het baie aanhangers op ’n troue met ’n werklike Game of Thrones-tema gehoop (ja, dis ’n ding!), was die 12de-eeuse Skotse kasteel en die spul Game of Thrones-gaste naby genoeg aan die ware Jakob.

’n Duidelik verheugde Rose het in die paadjie afgestap in ’n kantrok deur die Libanese handelsnaa­m Elie Saab, terwyl haar aantreklik­e bruidegom ’n klassieke oggendpak gedra het. Die egpaar (albei 31) het in 2012 op die stel ontmoet en Kit het al onthul sy beste herinnerin­g aan die program was toe hy die tweede seisoen saam met Rose in Ysland verfilm. “Omdat die land pragtig en die noorderlig magies is én omdat dit daar is waar ek verlief geraak het,” het hy vertel. “As jy reeds tot iemand aangetrokk­e is, en hulle speel dan jou liefdesbel­angstellin­g in die program, is dit baie maklik om verlief te raak.”

Ons hoop Jon en Ygritte, ons bedoel Kit en Rose, sal vir altyd gelukkig saam wees. Die onthaal is op die terrein van die Wardhillka­steel in Aberdeensh­ire, Skotland, gehou. Die kasteel behoort aan Rose se familie, wat Skotse adel is. BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, BBC.COM

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa