Huisgenoot

SAAMWOON DEMP HAAR LIEFDESLUS

-

Ek en my kêrel woon al ’n ruk saam nadat ons vier jaar lank uitgegaan het. Noudat ons saamwoon, is dit anders omdat ons meer dikwels kan seks hê, maar ek het nie aldag lus daarvoor nie.

Tog weet ek nie hoe om dit vir hom te sê nie en voel soms skuldig daaroor. Moet ’n mens jok daaroor en dit net verbykry? Dit help soms om te sê ek is siek, maar dit is ook nie altyd waar nie.

Ek is bang hy los my omdat ek nie altyd soos vroeër lus het vir seks nie. AG op OF Verhouding­smaats het nie die reg om mekaar skuldig te laat voel as hulle nie in ’n liefdesbui is nie. Jy hoef nie daaroor sleg te voel nie, veral nie teenoor ’n maat wat jy vertrou en met wie jy reeds ’n lang pad stap nie. Eerlikheid tussen die lakens is die beste beleid. Verskoning­s, wit leuentjies of pogings om jouself te regverdig, werk nie.

Wanneer julle dan wel seks het, weet albei die begeerte is wedersyds. Om te weet iemand begeer jou mateloos en met innige passie is die beste opkikker ooit. Maar hoe speel ’n mens oop kaarte hieroor sonder om mekaar seer te maak?

Vir party maats versag ’n rede soos dat jy werkstres het die teleurstel­ling.

Soms help dit om tyd te probeer wen deur nie dadelik nee te sê nie, maar dit uit te stel (“Dalk netnou, liefling . . .”) om in die regte bui te kom.

Goeie plaasverva­ngers vir liefdespel kan ook slaapkamer­sake bevorder. Wat van ’n meer onregstree­kse manier van saam intiem wees sonder liefdespel, soos met ’n massering?

Dit help soms om mekaar vooraf in die regte stemming te bring per WhatsApp of SMS met ’n duidelike boodskap. Vermy liefs foto’s ingeval dit in die verkeerde hande beland.

Maar pasop! Enige verhouding­smaat wat dreig om ’n verhouding te beëindig net omdat hulle nie hul sin agter ’n toe slaapkamer­deur kan kry nie, sal jou ook op ander maniere manipuleer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa