Huisgenoot

NUWE UITDAGING WINK IN HAAR TYD VAN ROU

-

Ek het my verloofde sowat ses maande gelede op ’n tragiese manier verloor en dit is steeds vir my moeilik om dit te verwerk.

Ek is nou ’n nuwe pos aangebied en wil dit baie graag aanvaar, maar is bang my rou oor hom is nog nie verby nie en dat ek nie ’n sukses daarvan sal kan maak nie.

Ons het saam gewerk en ek weet hy sou my ten volle ondersteun het. Ek dink aan die ander kant is dit ook wat dit miskien moeilik maak. RA op CA Afsluiting oor ’n geliefde wat tragies dood is terwyl jy verwagting­s van ’n gelukkige toekoms saam met hom gekoester het, sal nie oornag kan kom nie. Dit duur gewoonlik veel langer om enige verlies in omstandigh­ede wat moeilik verstaanba­ar is, te verwerk.

Dit kan help om verlof te neem voor jy die nuwe taak aanpak sodat jy tyd het om jou in te stel op ’n nuwe toekoms sonder hom. Ná ’n lang en hegte verhouding kan ’n mens jou verlies makliker verwerk as jy die emosies een-een uitsonder en werk daarvan maak. Hanteer byvoorbeel­d die dinge waaroor jy kwaad is afsonderli­k van dié waaroor jy hartseer is.

’n Tydjie alleen of by ’n vriendin wat verstaan en met wie jy jou gelukkige herinnerin­gs aan jou oorlede verloofde kan deel, sal jou emosionele las help verlig.

’n Berader se steun kan die verskil maak wat jy nodig het wanneer jy by jou nuwe werk inval. Gun jouself tyd en moenie jouself te streng beoordeel nie.

Vra ook dat oudkollega­s van jou verloofde jou ondersteun en dra op die dae dat hulle sien jy sukkel. Voorspoed met hierdie nuwe hoofstuk in jou lewe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa