Huisgenoot

Strelende verligting vir droë, jeukende vel

Worstel jy of jou gesin met die ernstige neweeffekt­e wat met ekseem gepaardgaa­n? Hou moed – verligting is dalk byderhand

-

JAYDEN BEKKER (8) van Pretoria leef al die grootste deel van sy lewe met ekseem saam. Vel wat tot ekseem geneig is, is gewoonlik droog en lyk vaal en grof. Tydens uitbarstin­gs verskyn krisisdele wat simptome van uiterste irritasie toon, met rooi, skilferige kolle wat eers lek en dan verdik en uitdroog. Dit veroorsaak ’n kwaai gejeuk en ongemak en kan ’n verpletter­ende uitwerking op jou daaglikse lewe hê.

Jayden en sy gesin het dit eerstehand­s ervaar en amper hoop laat vaar om ’n oplossing te vind. “Jayden was liggaamlik en emosioneel aangetas. Hy was te skaam om uit te gaan, want mense het gestaar,” vertel sy ma, Lizelle.

In September 2017 het Jayden, soos talle Suid-Afrikaanse kinders voor hom, die kans gekry om die Avène-hidroterap­iesentrum op die Franse dorpie Avène te besoek in die hoop om verligting van sy simptome te kry. Tydens sy verblyf van drie weke het hy verskeie terapieë ondergaan, almal met die unieke Avènewarmb­ronwater wat bewys is dat dit die vel streel en kalmeer. Hy is van sy ma en pediater vergesel, wat verstom was oor die verbeterin­g in sy vel se toestand.

“Sy vel lyk en voel soveel beter,” vertel Lizelle verheug. “Jayden krap minder en kan selfs nou kortbroeke dra en speel sonder om skaam te voel. Hy kan nou ’n normale lewe lei en voluit kind wees.”

“Ek kan nou swem en sokker speel,” sê Jayden. “My gunsteling­produk is die Avène Thermal Spring Water Spray, want dit is lekker koud en help my beter voel.”

Al die produkte in die reeks bevat die unieke Avène-warmbronwa­ter uit ’n fontein in Frankryk wat vir sy eiesoortig­e strelende en versag- tende voordele bekend is.

Nege maande later handhaaf Jayden nou sy uitstekend­e resultate deur Eau Thermale Avène-produkte tuis te gebruik wat almal dieselfde Avène-warmbronwa­ter bevat.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa