Huisgenoot

OORSESE REEKSE

-

STATION 19

Die Grey’s Anatomy-splinterre­eks gaan oor Andy Herrera (Jaina Lee Ortiz, foto), ’n brandbestr­yder en dogter van Pruitt Herrera (Miguel Sandoval), die hoof van die brandweers­tasie. Pruitt het sy dogter geïnspiree­r om ’n brandbestr­yder te word en is ’n mentor vir haar en Jack Gibson (Grey Damon). MAANDAE OM 19:00 OP M-NET

KINGDOM

Die sanger Nick Jonas (foto) is nou te sien in die eerste seisoen van die dramareeks Kingdom. Hy vertolk die rol van Nate, seun van AIvey Kulina (Frank Grillo), wat’ n geveg s kunsgimnas­ium in Venice, Kalifornië, besit. Nate en sy broer, Jay (Jonathan Tucker), is MMA-vegters wat mense in boks en die gevegskuns afrig. WOENSDAE OM 22:00 OP E.TV

THE VOICE KIDS: 2017

Die meeste mense is al vertroud met die grootmens weergawe van dié reeks. Nou wys kinders tussen sewe en 14 jaar hul staal agter die mikrofoon in dié Britse weergawe van The Voice. Die afrigters is will.i.am, Pixie Lott en Danny Jones van McFly (foto). SATERDAE OM 18:00 OP ITV CHOICE (DSTV-KANAAL 123)

AMERICAN GRIT

In die eerste seisoen van dié werklikhei­d s reeks is die W W E-stoeier en akteur John Cena (foto) die aanbieder. Hy en vier weermaghel­de sit 16 mans en vroue deur verskeie strawwe weermag-en oorlewing s uitdagings op die sonnige Hampton Island, Georgia, in die VSA. Die prysgeld is $1 miljoen (sowat R13,5 miljoen). SONDAE OM 17:00 OP E.TV

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa