Huisgenoot

Christina Aguilera

Die sangdiva is terug met mening!

- Deur LARA ATSON

NUWE LEWE

Die Amerikaans­e sangeres se mees onlangse albums, Bionic (2010) en Lotus (2012), was kommersiël­e flops, maar Liberation, haar eerste album in ses jaar, laat talle resensente regop sit. Die titel? “Dit het gevoel asof ek die afgelope paar jaar aan die slaap was agter die stuurwiel, in selfbestuu­rmodus. Ek het nie my volle potensiaal uitgeleef nie; ek moet sing en musiek maak,” sê Christina (37). VROUE BO!

Sy het onder meer ’n duet, Fall in Line, saam met Demi Lovato opgeneem. Sy sê sy het byna gehuil toe sy Demi se stem hoor op die liedjie, wat oor vrouebemag­tiging gaan. DIE KANYE-KONNEKSIE

Die rapper Kanye West het twee liedjies op die album vervaardig, Accelerate en Maria. UITGESPROK­E

Sy het in 2016 ná ses seisoene as afrigter op die Amerikaans­e TV-sangreeks The Voice die program verlaat. “Dit het iets geword wat ek nie in die eerste seisoen voorsien het nie: Jy besef mettertyd dit gaan nie oor musiek nie, maar oor goeie TV-oomblikke en om ’n storie te melk. Ek is nie in dié bedryf om ’n TV-aanbieder te wees nie.” VERKLEURMA­NNETJIE

Sy’t weer ’n voorkomsve­randering ondergaan. Die ma van twee het vroeër vanjaar grimeringl­oos op die voorblad van die tydskrif Paper gepryk omdat sy “nou aanvaar wie sy is”. DIVA?

Die Genie in a Bottle-sangeres is al as tiener in die TV-reeks The Mickey Mouse Club “die diva” gedoop. In 2007 het die fotograaf David LaChapelle haar glo op die swartlys geplaas omdat sy moeilik was om mee te werk. Gerugte het destyds die ronde gedoen dat sy jaloers was op Britney Spears, wat ook in The Mickey Mouse Club was. WERKENDE MA

Christina het ’ n seun, Max (10), by haar eksman, die musiekverv­aardiger Jordan Bratman (41), en ’n dogter, Summer Rain (3), by haar verloofde, die kitaarspel­er Matthew Rutler (33). Sy gaan nou vir die eerste keer in ’n dekade toer. “Dis vir my vreesaanja­end,” sê sy. “Maar ek is opgewonde om vir my kinders te wys wat mammie regtig doen.” Summer is nie ’n aanhanger nie. “Wanneer ek my stem opwarm, slaan sy die deur toe en sê: ‘Jy onderbreek Peppa Pig!’ ”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa