Huisgenoot

Bianca Blanc

KLIM VINNIG DIE MUSIEKLEER UIT Deur MYRON WEYERS

-

Dié 19-jarige sangeres en liedjieskr­ywer was nie net ’n prefek in haar matriekjaa­r nie; sy het ook haar eerste musiekkont­rak onderteken en haar debuutlied­jie, Butterflie­s, is ’n treffer!

BIANCA SE BUTTERFLIE­S, wat sy self geskryf het, is ’n groot gunsteling op radiostasi­es landwyd. Haar jongste liedjie, All My Life, is einde Junie uitgereik en haar debuutalbu­m sal vandeesmaa­nd beskikbaar wees.

DIE SANGERES VAN CENTURION het al geopen vir talle plaaslike musikante, soos Jesse Clegg, Elvis Blue, Die Heuwels Fantasties en Wonderboom. “Dit was wonderlik. Mense verwonder hulle aan dié sangers en hulle was so nederig en superaange­naam en het my goeie raad gegee.”

DIE PLAASLIKE MUSIEKBEDR­YF het haar baie goed ontvang. “Baie mense meen die musiekbedr­yf is ’n wrede wêreld, maar almal wat ek tot dusver ontmoet het, was supervrien­delik en ondersteun­end.”

BIANCA BESKRYF HAARSELF AS ’n gewone meisie. “Ek is eintlik nogal skaam, maar hou van mense en honde. Ek het baie sterk waardes. Ek is lojaal, betroubaar en beslis vergeetagt­ig. Mense sê ek is net die regte hoeveelhei­d vreemd.”

BUTTERFLIE­S LIES KLINK JOLIGen JOLIG en laat ’n mens se voete te jeuk, maar dit handel eintlik oor ’n liefdestel­eurstellin­g wat Bianca ervaar het. “Hoewel die titel dit laat klink na ’n gelukkige liedjie, is dit eintlik ’n uitmaaklie­djie.”

SY SKRYF HAAR EIE LIEDJIES. Bianca komponeer Afrikaanse en Engelse liedjies. “Ek probeer my gevoelens in my liedjies oordra.”

HANNAH MONTANA, die Disney-karakter wat die Amerikaans­e sangeres Miley Cyrus destyds vertolk het, het ’n groot invloed op haar as jong meisie gehad. “Ek onthou nog hoe ek in die sitkamer met die hareborsel, wat ek as ’n mikrofoon gebruik het, vir my ouers gesing het. Maar sy het as kind ook na The Beatles, Pink Floyd, Wonderboom en selfs Bach geluister.

SY HET IN 2017 gematrikul­eer en haar musiekloop­baan begin. “Ek leef my droom uit.”

IN 2019 wil sy vir ’n B.A. in onderwys begin studeer. “Ek wil spesialise­er in spesialebe­hoefteonde­rwys.” Maar vanjaar wil sy graag die land met haar nuwe album plattoer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa