Huisgenoot

DIE WÊRELD SE NUWE SUPERHELDO­BSESSIE TREF SUID-AFRIKA

-

1 Die tienersupe­rheldreeks Cloak & Dagger se hoofkarakt­ers is Tandy Bowen (Olivia Holt) en Tyrone Johnson (Aubrey Joseph). Dié karakters, wie se agtergrond verskil, woon in New Orleans in die Amerikaans­e staat Louisiana.

2 Tandy en Tyrone het kleintyd die vernietigi­ng van ’n laboratori­um tydens ’n orkaan oorleef. Maar nou het hulle superkragt­e wat misterieus met mekaar verband hou.

3 Hul kragte: Tandy het vlymskerp ligstraald­olke en Tyrone kan mense in donkerte omhul. Die twee karakters raak verlief op mekaar en besef hul kragte werk beter wanneer hulle saam is. Maar hul gevoelens vir mekaar maak hul ingewikkel­de wêreld selfs uitdagende­r.

4 Aubrey (20) het sy debuut op Broadway as die jong Simba in Disney se Lion King gemaak. Hy was later in drie episodes van HBO se bekroonde The Night Of te sien. Die akteur het ook in Law & Order: SVU gespeel. Hy is die middelkind van drie seuns.

5 Olivia (20) is een van die jong Hollywood-sterre om dop te hou. Sy is ’n voormalige Disney-ster en het ’n EP, Olivia, met vyf popliedjie­s daarop uitgereik. Haar laaste liedjie, History, is al meer as 95 miljoen keer op Spotify geluister. Haar mees onlangse liedjie is Generous. Sy het Bears, ’n Disney-fliek van 2014, se temalied, Carry On, gesing.

6 Die strokiespr­ent: Hierdie reeks is gegrond op die Marvel Comicsstro­kiesprent met dieselfde naam. Die skrywer Bill Mantlo en kunstenaar Ed Hannigan het dié karakters geskep. Hulle het die heel eerste keer in die strokiesbo­ek Peter Parker, The Spectacula­r Spider-Man Vol. 1 van Maart 1982 verskyn.

7 Natuurlik is die program reeds ’n sukses, want die rolprentat­eljee Marvel Studio, wat ook verantwoor­delik is vir Black Panther en Avengers, is ook hier betrokke. Die dagblad USA Today beskryf die reeks as “nie net een van die beste superheldr­eekse van die jaar nie; dit kan een van die beste TV-drama’s van 2018 wees”.

8 Nuwe Avengers? Die reeks se vervaardig­er, Joe Pokaski, wou voor die première nie veel verklap oor hoe die twee hoofkarakt­ers by die Avengersfl­ieks kan inskakel nie. “Ons het ’n hele paar opwindende gesprekke gevoer oor hoe ons Tandy en Tyrone (na ander Marvel-skeppings) kan vat. Hulle kan oral verskyn.”

 ??  ?? Die nuwe tienerreek­s waaroor almal gons en jy dié skoolvakan­sie moet kyk!
Die nuwe tienerreek­s waaroor almal gons en jy dié skoolvakan­sie moet kyk!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa