Huisgenoot

Skakel verwarmers af sodra dit ’n gerieflike temperatuu­r bereik

6 BESTE WENKE OM KRAGSUINIG TE WEES

-

Onthou, elke klein gedragsaan­passing help, soos om nie die ketel vir een koppie koffie te vul nie en al jou strykwerk op een slag te doen. Hier is nuttige wenke van onder meer die departemen­t van energie, die Verenigde Nasies se Ontwikkeli­ngsprogram, die Wêreldomge­wingsfasil­iteit en Earthlife Africa:

1

Geisers Dis die grootste kragvraat en verantwoor­delik vir tot 40% van jou maandeliks­e kragrekeni­ng. Die sowat 5,4 miljoen geisers in Suid-Afrika gebruik saans tydens spitstyd genoeg krag om ’n groot stad soos Durban te bedien.

Koop die regte grootte geiser vir jou huishoudin­g. Stel die termostaat af na 55 of 60 °C; die water sal warm genoeg wees en dit sal jou baie krag bespaar. Skakel jou waterverhi­tter af in spitsgebru­iktye; dus tussen ses- en agtuur soggens en saans. ’n Tydskakela­ar maak dit makliker.

As ’n 150 L-geiser se water tot by sy termo staatverst­ellingspun­t verhit is wanneer dit afgeskakel word, daal die watertempe­ratuur binne 24 uur met net 10 °C.

Sonkragwar­mwatertoes­telle kan deesdae betreklik gou afbetaal word deur jou besparing aan krag en etlike jare daarna gebruik word. Party kan ook elektrisit­eit gebruik ingeval dit lank bewolk is, of jy kan jou sonverhitt­e water in ’n elektriese geiser laat vloei vir nog verhitting.

2

Stowe Beperk oondverhit­ting vooraf sover moontlik. Buiten vir brood en ander gebak is dit meestal onnodig. Konveksieo­onde kan gewoonlik kos teen ’n laer temperatuu­r en gouer gaarmaak.

Gebruik die mikrogolfo­ond en elektriese potte wanneer moontlik, pleks van die oond. Sulke kleiner toestelle verbruik tot die helfte minder elektrisit­eit as oonde om dieselfde gereg te berei. Skakel die oond af 5-10 minute voor die aanbevole gaarmaakty­d verstryk en benut die vasgevangd­e hitte om die gaarmaakpr­oses te voltooi. Net so kan jy krag bespaar deur elektriese stoofplate af te skakel wanneer iets amper gaar is.

Oorweeg gerus gas vir kookwerk. Baie mense beskou dit as energiedoe­ltreffende­r omdat jy fyner beheer oor gasplate het, wat onmiddelli­k verhit en nie tyd verg om af te koel nie.

Gebruik potte wat net groot genoeg is vir die hoeveelhei­d kos en die elektriese stoofplaat, hou die deksel op en week droë kos, soos peulgewass­e, vooraf. 3 Wasmasjien­e en tuimeldroë­rs Koop liewer ’n voorlaaier- as ’n bolaaierwa­smasjien. Hulle gebruik gewoonlik minder water en krag. Sorg dat jy ’n volle vrag het voor jy was en droogmaak. Gebruik sover moontlik die kouewaters­iklus en ’n wasgoedlyn of droograk om jou goed droog te kry.

As jou klere ná ’n wassiklus natter voel as wat dit behoort te wees, kan jy met nog ’n tolsiklus teen die hoogste spoed die oormaat vog uitwring. Maak handdoeke en swaar katoen afsonderli­k droog; nie saam met ligter klere nie. Jou tuimeldroë­r sal doeltreffe­nder werk as jy gereeld sy filter skoonmaak.

Probeer jou wasmasjien naby die geiser staanmaak – so hoef warm water nie ver deur pype te beweeg nie en gaan minder hitte verlore. Die insulasie van alle warmwaterp­ype maak ook sin.

4

Skottelgoe­dwassers Maak seker dis volgepak, maar nie oorlaai nie. Gebruik net ’n voldoende temperatuu­rverstelli­ng – hoër temperatuu­rverstelli­ngs kom neer op groter energiever­liese. Kies die geenhitte-droogmaaks­iklus (soms air dry genoem). ’n Oornagdroo­gfunksie is nog beter; die masjien skakel outomaties af ná die spoelsiklu­s, wat die energiekos­te van jou skottelgoe­dwasser met tot 10% kan verminder.

5

Ys- en vrieskaste Hulle moet dig sluit. Gaan die rubberseël na en maak dit skoon of vervang dit indien nodig. Maak seker jou yskas se verstellin­g is 3 tot 4 °C en jou vrieskas s’n -15 tot -18 °C.

Ontvries vrieskaste wanneer ys in hulle aanpak. Laat kos oornag in die yskas ontdooi; dit kan jou tydens bereiding heelwat krag bespaar. Maak dié twee toestelle so min moontlik oop en so gou moontlik weer toe. Moet hulle ook nie naby die stoof of in direkte sonlig staanmaak nie.

6

Verwarmers Maak deure en vensters toe wanneer jy ’n vertrek verhit en skakel verwarmers af sodra dit ’n gerieflike temperatuu­r bereik het of wanneer jy vars lug wil inlaat. Winterkler­e moet ook binnenshui­s benut word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa