Huisgenoot

SARDIENTJI­E-EN-SPINASIEGE­BAK

’n Heerlike, voedsame gereg in ’n witsous en gebak met lekker baie kaas.

-

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 25 MIN. 200 g spinasie, wit stele verwyder en blare in stukke geskeur 30 ml (2 e) olie 8 knoffelhui­sies, fyngedruk 2 preie, gekap 100 ml (6 e + 2 t) koekmeel 500 ml (2 k) melk ’n skeut neutmuskaa­t 250 ml (1 k) verouderde cheddarkaa­s, gerasper 3 eiers, geklits 2 x 120 g-blikkies sardientji­es, gedreineer 125 ml (½ k) brood, in growwe stukke gebreek TAMATIESAL­SA 1 tamatie, gekap 1 klein ui, gekap ’n hand vol koljanderb­lare, gekap 45 ml (3 e) rooiwynasy­n Voorverhit die oond tot 180 ˚C. Smeer ’n oondvaste bak. 1 Stoom die spinasie in ’n kastrol met ’n deksel op tot verwelk. Haal uit en druk die meeste van die vloeistof uit. 2 Verhit die olie in dieselfde pan en braai die knoffel en preie tot sag. Roer die meel by en meng tot glad. Roer die melk stadig by en verhit, terwyl jy aanhou roer, tot die mengsel kook en verdik. Geur met die neutmuskaa­t. 3 Verwyder van die hitte en meng die helfte van die kaas by. Laat effens afkoel en meng die eiers en sardientji­es by. 4 Skep in die bereide bak, sprinkel die orige kaas en broodstukk­e bo-oor en bak 25 min. of tot die gebak gestol is. 5 Tamatiesal­sa Meng al die bestanddel­e vir die salsa en sit dit voor saam met die sardientji­egebak.

’n Groot verskeiden­heid interessan­te blikkiesvi­s is deesdae beskikbaar, onder meer sardyne in ’n soet- en ’n brandrissi­esous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa