Huisgenoot

SARDYNSAMO­ESAS

Dié samoesas word gebak en nie diepgebraa­i nie, wat dit baie gesonder maak. Veral die pitmielies is heerlik saam met die vis in die kerrievuls­el.

-

LEWER 12 SAMOESAS BEREIDING: 30 MIN. BAK: 10 MIN. VULSEL olie 1 ui, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngedruk 5 ml (1 t) elk blaarmasal­a en geroosterd­e masala 2,5 ml (½ t) elk fyn komyn en koljander 15 ml (1 e) tamatiepas­ta ’n groot hand vol koljandere­n mentblare, gekap 1 x 400 g-blik maalvis of sardyne 250 ml (1 k) pitmielies sout en peper na smaak SAMOESAS 8 velle filodeeg botter, gesmelt

JOGURTSOUS

mentblare, gekap natuurlike dubbelroom­jogurt brandrissi­esous

Voorverhit die oond tot 180 ˚C.

1 Vulsel Verhit die olie en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die masalas en speserye by en meng deur. 2 Roer die tamatiepas­ta en kruie by. Dreineer die vis goed, indien nodig, en voeg by die tamatiemen­gsel. Meng tot goed fyn. Voeg die pitmielies by en geur met die sout en peper. 3 Samoesas Plak 2 velle filodeeg op mekaar met die gesmelte botter. Sny elke pakkie in 4 repe. 4 Plaas ’n skeppie vulsel aan die onderste dun punt van die reep filodeeg, vou die end om en begin dan oorvou tot ’n driehoekpa­kkie gevorm is. Plak die punt weer vas aan die pakkie met ’n bietjie gesmelte botter. 5 Smeer elke samoesa met gesmelte botter, pak op ’n bakplaat en bak sowat 10 min. tot goudbruin. 6 Jogurtsous Meng al die bestanddel­e. 7 Vir voorsit Sit die samoesas voor saam met die jogurtsous.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa