Huisgenoot

Op die Rooitapyt

Dis somer in Engeland, en vir die koningsfam­ilie beteken dit dis tyd om te ontspan, aan sjampanje te teug en ’n paar weddenskap­pe by die Royal Ascot aan te gaan

- ASCOT-RENBAAN, BERKSHIRE

ROJALE GESELSIES

Prinses Beatrice, haar ma, Sarah, die hertogin van York, en lady Carolyn Warren is saam met koningin Elizabeth II in die koninklike losie afgeneem voor hulle gekyk het hoe die koningin se perd Elector aan die Koning Edward VII-resies deelneem.

ELIZABETH SE MODEMONARG­IE

Die koninklike reënboog! Koningin Elizabeth is bekend vir helder kleure dra – sodat mense haar maklik in ’n skare kan raaksien – en sy’t nie teleurgest­el by vanjaar se Royal Ascot nie.

Fergie het sjiek gelyk en kon haar opwinding nie beteuel toe sy die koningin met ’n kniebuigin­g groet nie. Beatrice het ’n rok deur The Fold gedra.

OULIKE PAARTJIES

Meghan, die hertogin van Sussex, het gehou by die ontwerper van haar trourok in haar wit hemprok deur Givenchy met ’n swart-en-wit hoed deur Philip Treacy, en manlief Harry op dag een het aantreklik gelyk met ’n keil.

Camilla, die hertogin van Cornwall, het op dag twee een van haar geliefkoos­de mentgroen jasse gedra saam met haar kenmerkend­e pêrelhalss­noer, en prins Charles was deftig in ’n duifgrys oggendpak.

Die Amerikaans­e voetbalspe­ler Russell Wilson en sy vrou, die R&Bsangeres Ciara, was ’n verrassing op dag drie. Ciara het heel tuis gelyk in ’n wit rok deur Edeline Lee saam met ’n hoed deur Philip Treacy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa