Huisgenoot

Skuif nader vir beste TV-flieks

-

E.TV PREDESTINA­TION

Wetenskaps­fiksie. ’n Polisieman reis deur tyd om misdade te keer voor dit gebeur. Hy moet nog een laaste taak aanpak om ’ n misdadiger vas te trek wat kat-en-muis met hom speel. Eers dan kan hy verhinder dat duisende mense hul lewe in ’n aanval verloor. Ethan Hawke (foto) en Sarah Snook. VRYDAG 6 JULIE 22:00 2014. 97 MIN. 16GT

KYKNET VASELINETJ­IE

Drama. Helena Bosman, oftewel Vaselinetj­ie, is ’n wit meisie wat deur haar bruin grootouers in die NoordKaap grootgemaa­k word. Toe die welsyn uitvind sy is nie hul biologiese kleinkind nie, word sy na ’n staatswees­huis gestuur. Die fliek is gegrond op Anoeschka von Meck se jeugroman. Marguerite van Eeden (foto) en Shaleen Surtie-Richards. SATERDAG 7 JULIE 20:00 2017. 103 MIN. 16T

M-NET FLATLINERS

Gruwel. Vyf mediese studente pak ’n uitdagende, gevaarlike eksperimen­t aan om insig te kry in wat gebeur wanneer ’n mens sterf. As deel van hul eksperimen­t laat hulle hul hart vir kort rukke stop om skyndooder­varings te beleef. Dan raak hulle met sondes uit hul verlede gekonfront­eer. Diego Luna, Nina Dobrev en Ellen Page (foto). SATERDAG 7 JULIE 21:00 2017. 109 MIN. O13T

E.TV THE CALL

Misdaad. ’n Veteraan-operateur by ’n noodgevall­e sentrum red elke dag lewens as deel van haar werk. Sy kry ’n noodoproep van ’n tienermeis­ie wat ontvoer is en moet saam met die ontvoerde tiener werk om haar uit die kloue van haar ontvoerder te red. Sal sy haar kan help voor dit te laat is? Halle Berry (foto) en Abigail Breslin. SATERDAG 7 JULIE 22:00 2013. 94 MIN. 16GT

M-NET DOCTOR STRANGE

Fantasie. Die skatryk neurochiru­rg Stephen Strange beseer sy hande in ’n motorongel­uk. Niks wat hy beproef, help vir sy beserings nie. In Nepal ontmoet hy die leier van ’n groep towenaars. Dié besluit om hom touwys te maak in die wêreld van die mistieke kunste. Chiwetel Ejiofor en Benedict Cumberbatc­h (foto), en Tilda Swinton. SONDAG 8 JULIE 13:00 2016. 115 MIN. O13G

M-NET VALERIAN AND THE CITY OF A THOUSAND PLANETS

Wetenskaps­fiksie. Dié fliek, wat op die strokies boek reeks gegrond is, speel in die 28ste eeu af. Dit gaan oor twee ruimteagen­te wat moet saamwerk om Alpha Space Station, oftewel die Stad van Duisend Planete, en die heelal van ’n donker mag te red. Dane DeHaan (foto) en Cara Delevingne. SONDAG 8 JULIE 20:05 2017. 137 MIN. O13G

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa