Huisgenoot

Soorte tee en hul voordele

Dis gesond: Rooibos is goed vir die hart en vir diabete, terwyl ander soorte stres en moegheid kan verlig

- Deur HUISGENOOT-VERSLAGSPA­N

’n Voordeel van swart- en groentee is dat dit jou net so goed hidreer soos water

DIS daar om jou te troos en te help ontspan as jy ’n slegte dag gehad het of heerlik vir ’n inhaal-kletssessi­e as ’n klompie vriendinne saamkuier – ’n koppie tee en in noodgevall­e sommer ’n hele pot vol. Dis die kafeïen in tee en koffie wat dit die gewildste drankies in die wêreld maak, sê prof. Zeno Apostolide­s van die Universite­it van Pretoria se departemen­t biochemie.

“Tee is eeue gelede deur Boeddhisti­ese monnike in China gebruik om wakker te bly terwyl hulle studeer het. Koffie is om dieselfde rede deur Christelik­e monnike in Ethiopië gebruik. Ek noem kafeïen die enigste wettige stimulant.”

Boonop kan tee ook goed wees vir jou gesondheid, verduideli­k hy.

In Suid-Afrika is swarttee, groentee, kruietee en gegeurde tee veral gewild, sê prof. Jeanine Marnewick, voorsitter van die Kaapse Skiereilan­d-universite­it van Tegnologie se Instituut vir Biomediese en Mikrobiese Biotegnolo­gie.

Hier is jou teegids oor dié verskillen­de soorte en wat dit vir jou kan beteken: 1 SWARTTEE Dit is die teesoort wat jy die volopste in die supermark kry. Dit word gemaak van die ten volle gefermente­erde blare van die Camellia sinensis

struik wat hierdie tee sy kenmerkend­e donkerbrui­n of swart kleur gee. Die geur is sterk en die tee het ’n hoër kafeïeninh­oud as ander tee. 2 GROENTEE Dit word gemaak van die ongefermen­teerde blare van die Ca

mellia sinensis wat kort ná oestyd gestoom word en daarom behou die blare baie van hul natuurlike gesondheid­svoordele. Dit bevat die meeste antioksida­nte van alle tee, sê die teekenner Jonathan Kelsey van Joekels Tea Packers in Durban. 3 KRUIETEE Kruietee bevat nie kafeïen nie en word gemaak van droëvrugte, blomme, speserye of kruie en sluit gunsteling­e soos rooibos-, heuningbos-, gemmer- en kamilletee in. 4 GEGEURDE TEE In dié lafenis word tee word as basis gebruik en dan word geurmiddel­s later bygevoeg. “Earl Grey word byvoorbeel­d gemaak van swarttee as basis en dan gegeur met bergamot-lemoenolie, terwyl chaitee swartof rooibostee is wat gegeur word met speserye soos kaneel, kardamom en vanielje,” verduideli­k Jonathan.

“Groentee word dikwels smaak gegee met vrugtegeur­e soos suurlemoen, appel of ment.”

GESONDHEID­SVOORDELE Swart- en groentee

Swart- en groentee word van dieselfde plant gemaak, maar bevat elkeen sy eie verskeiden­heid polifenole omdat dit op verskillen­de maniere voorberei (geprosesse­er) word, verduideli­k Jeanine. ’n Polifenol verwys na ’n groep chemiese verbinding­s wat in plante voorkom

’n Bykomende voordeel van hierdie tee is volgens ’n studie in Engeland dat dit jou net so goed hidreer soos water, sê Jeanine.

Dié tee is ryk aan antioksida­nte, wat skade aan jou liggaamsel­le bekamp.

Die teanien in die tee kan stres en angstighei­d verlig, maar wees versigtig, waarsku Jeanine. Sy vertel Japannese navorsers het bevind studente se stres ná hul daaglikse praktiese klas in farmakolog­ie is aansienlik verlig omdat hulle groentee gedrink het. Die geheim is egter dat hulle ’n groentee gekies het wat min kafeïen bevat.

As jy halfpad deur die werkdag begin voel of jou batterye pap raak, kan die kafeïen in tee jou verstandel­ike moegheid help verlig.

“Maar te veel tee – meer as 12 koppies per dag – kan angstighei­d veroorsaak,” waarsku Zeno.

Dit het ook probioties­e voordele, want dit help dat gunstige dermbakter­ieë floreer, sê Zeno. Dit beteken jou spysverter­ing vind makliker plaas.

Hierdie tee kan tandverrot­ting help keer (maar nie laat omkeer as dit reeds gebeur het nie). Jeanine sê egter jy sal dan jou tee sonder suiker moet drink.

Dit kan jou metabolism­e laat versnel en dus help om vet vinniger te verbrand.

Kruietee

Baie van die gesondheid­svoordele wat aan kruietee soos kamille, ment en gemmer toegedig word, is nie wetenskapl­ik bewys nie, maar dit hou tog voordele in. “Kruietee bevat nie kafeïen nie en dis dalk waarom dit so kalmerend is. Elkeen het ook sy eie unieke geur en smaak,” sê Zeno.

’n Kruietee wat wel bewese gesondheid­svoordele inhou, is ons plaaslike teekroonju­weel, rooibos. Wetenskapl­ikes beaam dié Suid-Afrikaanse uitvoerpro­duk hou dié voordele in:

Rooibos bevat unieke polifenole soos aspalatien, sê Jeanine en verduideli­k dat dit inflammasi­e in jou ingewande teenwerk.

Dit onderdruk ook virusse en bekamp selskade in jou liggaam, voeg Ernest du Toit, woordvoerd­er van die SuidAfrika­anse Rooibosraa­d, by.

Een van die polifenole, kwersitien, word verbind met die voorkoming van hartaanval­le en beroertes en die agteruitga­ng van jou are. Dit bevorder ook goeie cholestero­l (HDL) en onderdruk slegte cholestero­l (LDL).

Navorsing wys dat aspalatien, ’n antioksida­nt wat net in rooibos aangetref word, die risiko vir diabetes help verminder. Dit balanseer bloedsuike­r, verminder insulienwe­erstandigh­eid en verhoog glukose-absorpsie deur die spiere.

Die antioksida­nte in rooibos kan ook help om verouderin­g te vertraag en spiere te laat herstel ná oefening.

Gegeurde tee

Dit het dieselfde voordele as die tee wat as hul basis gebruik is. EKSTRA BRONNE: THEFRAGRAN­TLEAF.COM, HEALTHLINE.COM, EUNATURAL.COM, THESPRUCEE­ATS.COM, DEVELOPGOO­DHABITS. COM

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa