Huisgenoot

Jou Geldsake: Motorprobl­eme

Jou nuwe tweedehand­se motor is gedurig onklaar. Hoe nou gemaak?

-

AS JY ’n kat in die sak gekoop het, is die groot vraag natuurlik of jy daardie tweedehand­se ryding aan die verkoper kan terugbesor­g in ruil vir jou geld. Die antwoord is ja én nee.

As jy die ryding by ’n geregistre­erde motorhande­laar gekoop het, kan jy dit moontlik wel kragtens die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g teruggee. Maar as jy dit by ’n privaat persoon gekoop het, geniet jy ongelukkig nie dieselfde wetlike beskerming nie.

Ons kyk hoe albei gevalle werk.

MOTORHANDE­LAAR

Voorheen kon motorhande­laars ’n tweedehand­se voertuig “voetstoots” aan jou verkoop: nes dit is, met foute en al.

Sou die kar dan breek, het jy wetlik niks gehad waarop jy jou kon beroep nie.

Maar ingevolge die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g mag motorhande­laars nie meer voertuie voetstoots verkoop nie.

Die wet vereis deesdae dat die handelaar alle foute waarvan hy redelikerw­ys behoort te weet aan die koper bekendmaak, sê Charl Marais, van JS Marais Ing. Prokureurs.

“Redelikerw­ys” beteken dit is probleme wat die handelaar, gegewe sy kennis, behoort te kan identifise­er – al sal ’n leek dit dalk miskyk.

Hy moet die koper ook ’n lys kan gee van wat hy ten opsigte van herversorg­ing aan die voertuig gedoen het. Hy moet jou toelaat om die voertuig te inspekteer en ’n padtoets af te lê sodat jy ’n ingeligte besluit kan neem.

As die voertuig probleme gee, kan die koper dit binne ses maande terugbesor­g, mits die redes wettig, redelik en bewysbaar is. Maar dit is aan voorwaarde­s onderhewig en geld vir defekte, nie vir gewone slytasie of nalatighei­d nie.

Dit is belangrik om die verskil tussen slytasie en defekte te verstaan. Slytasie is byvoorbeel­d bande wat afloop. ’n Rat wat skielik spring, is moontlik ’n defek. Die koper sal nie die voertuig weens klagtes oor slytasie kan teruggee nie.

Mense dink soms hulle kan ’n motor sommer net ná ses maande teruggee as hulle die kar verwaarloo­s het. Die koper sal moet kan bewys dat die fout reeds aanwesig was toe die motor aan hom verkoop is.

Sou die motorhande­laar die voertuig terugneem, sal die terugbetal­ing nie noodwendig die volle koopbedrag wees nie. Geld kan afgetrek word vir onder meer slytasie terwyl jy met die motor gery het.

Wil die handelaar nie met jou skik nie en jy voel jy word ingeloop, kan jy hulp by die ombudsman vir die motorbedry­f vra.

Die ombudsman is ’n onafhankli­ke beslegter in geskille tussen die motorbedry­f en verbruiker­s. Dit is kosteloos vir verbruiker­s.

Gaan na die ombudsman se webtuiste, www.miosa.co.za, vir klagtevorm­s om in te vul.

PRIVAAT VERKOPER

Die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g is net van toepassing op transaksie­s tussen ’n verbruiker en ’n verkoper wie se besigheid dit is om motors te verkoop.

As jy ’n tweedehand­se voertuig by ’n privaat mens koop, kan die verkoper sê dis voetstoots.

As die voertuig ná die aankoop probleme gee, kan jy dit probeer teruggee, maar die privaat verkoper sal moontlik nie hiertoe instem nie.

Jy as koper sal dan regsbystan­d moet kry. Die prokureurs­koste sal uit jou eie sak kom. Jy sal die hof moet oortuig dat die verkoper bewus was of redelikerw­ys bewus moes wees van die defek en dit doelbewus verberg het in ’n poging om jou te bedrieg.

Die beste raad is om ’n onafhankli­ke werktuigku­ndige te vra om die motor na te gaan vir enige foute voor jy dit privaat koop.

Jy sal die werktuigku­ndige uit jou eie sak moet betaal, maar dit kan jou moontlik groot toekomstig­e uitgawes en hoofbreken­s bespaar.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa