Huisgenoot

Dokter verdink van 600 sterftes

In ’n deel van ’n Engelse hospitaal het 600 mense in 11 jaar gesterf – glo weens ’n dokter se hoë dosisse verdowings­middels

- Saamgestel deur NICI DE WET BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, THESUN.CO.UK, LIFEDEATHP­RIZES. COM, RANKER.COM, STANDARD.CO.UK, NEWS.COM.AU

DIE einde van die pad.” Dis hoe verpleegpe­rsoneel na ’n afdeling van die Gosport - hospitaal in Hampshire, Engeland, verwys. Want die meeste mense wat daar opgeneem is, het dit nie lewend verlaat nie . . .

Tussen 1989 en 2000 is meer as 600 mense in twee sale van die hospitaal oorlede. ’n Verslag oor dié skokkende sterftesyf­er wys die vinger nou na veral een mens: die 69-jarige dr. Jane Barton, oftewel “Dr. Opiate”. Sy word aan dubbel soveel sterftes verbind as die berugte “Dr. Death”, Harold Shipman, wat in die 1990’s meer as 250 pasiënte doodgemaak het. Soos Shipman het Barton na bewering hoë dosisse verdowings­middels aan pasiënte toegedien.

Alan Lavender is een van die talle naasbestaa­ndes van Barton se slagoffers wat al jare lank na antwoorde soek. Sy ma, Elsie, is op 83 met ’n gebreekte nek in die hospitaal opgeneem. Hy het tydens ’n doodsonder­soek vertel wat Barton vir hom gesê het toe hy gevra het wanneer sy ma ontslaan sou word, want hulle moes reël vir haar kat se versorging.

“Raak ontslae van die kat,” het Barton gevoelloos geantwoord. “Weet jy nie jou ma het hierheen gekom om te sterf nie?”

Nog ’n slagoffer, die oudvlootof­fisier Robert Wilson, is met ’n gebreekte skouer opgeneem en het voor sy heengaan aan sy seun gesê: “Help my; hulle maak my dood.”

Die nuwe verslag vloei uit ’n ondersoek van vier jaar. Dit betrek ook die hospitaalb­estuur, polisie, aanklaers en mediese waghonde wat die gerugte oor die dodesale geïgnoreer het.

Bridget Reeves, kleindogte­r van die slagoffer Elsie Devine, het aan die Britse koerant Daily Mail gesê: “Die grusame, skandelike, onvergeefl­ike dade moet in die hof ontbloot word.”

BARTON, dogter van ’n algemene praktisyn van Sussex, het in 1988 by die Gosport- hospitaal begin werk as kliniese assistent in die afdeling vir bejaardes. Die kil vrou met die stroewe gesig het “Maak asb. gemaklik” op pasiënte se lêers geskryf. Die b e j a a rd e pasi ënt e , party met geringe kwale, het dan dodelike dosisse medisyne gekry.

Agterdogti­ge verpleegpe­rsoneel se besware het op dowe ore geval. “Konsultant­e was bewus van dr. Barton se optrede, maar het nie ingegryp nie; daarom is hulle ook aandadig,” sê Hannah Travis, ’ n prokureur wat in mediese nalatighei­d spesialise­er.

“Dit is uiters ontstellen­d om te sien verpleegst­ers by die hospitaal is so ver terug as 1991 gemaan om nie hul kommer verder te vat nie. Dit gaan die verstand te bowe dat dr. Barton se diens nie destyds beëindig is nie.”

In haar enigste openbare verklaring sê Barton: “Ek het my uiterste bes vir al my pasiënte probeer doen en net hul belange en welstand op die hart gedra.”

Daar moet nog bewys word of sy met opset opgetree het en of sy nalatig was. Maar die slagoffers se families glo Barton is ’n koelbloedi­ge moordenaar.

“Die mense het nie verdien om soos honde van kant gemaak te word nie,” sê ’n hartseer Anne Cunningham. Haar man, Arthur, is in die hospitaal dood.

Barton het op 60 afgetree en kry ’n goeie pensioen. Sy en haar man, ’n vlootoffis­ier, beweeg glo in gegoede kringe. Hulle is deel van ’ n drafklub, geniet voëlkyk en reis gereeld na Australië om een van hul twee kinders te besoek.

Maar dit kan alles verander as die saak hof toe gaan. Barton sal waarskynli­k van strafbare manslag en growwe nalatighei­d aangekla word. As sy skuldig bevind word, kan sy lewenslang­e tronkstraf kry.

Net voor die verdoemend­e verslag uitgereik is, het die Daily Mail Barton by haar huis in Gosport gekontak. “Ek weet nie wat in die verslag sal wees nie, maar ek dink dit sal baie gunstig wees,” was al wat sy wou sê. Volgens haar bure is die Bartons sedert die verslag uitgereik is by hul vakansiehu­is in Spanje.

Kate Blackwell, ’n senior advokaat in die ondersoekp­aneel, sê families is verheug dat geregtighe­id dalk eindelik sal geskied. “Twintig jaar te laat, maar die families vertrou dis die begin van ’ n proses wat lankal moes plaasvind.”

 ??  ?? HOOFFOTO: HOO Dr. Jane Burton word daarvan daarv verdink dat sy meer as 600 ppasiënte se dood verhaas het. BO: VVan haar slagoffers is (kloksgewys, gewy van links heel bo) Elsie Devine, Devin Arthur Cunningham, Gladys Richards, Geoffrey Packman, Edna...
HOOFFOTO: HOO Dr. Jane Burton word daarvan daarv verdink dat sy meer as 600 ppasiënte se dood verhaas het. BO: VVan haar slagoffers is (kloksgewys, gewy van links heel bo) Elsie Devine, Devin Arthur Cunningham, Gladys Richards, Geoffrey Packman, Edna...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa