Huisgenoot

Vrou verras verloofde met TV-troue

Sy'ttS ' homh op TVTVdidie jawoordj d gevra en hom daarna op 'n ander program met 'n troue verras

- Deur COLIN HENDRICKS

WAT maak ’n mens wanneer wa jy smoorverli­ef is op jou kêrel met wie jy al jare lank uitgaan, maar die groot vraag en groot dag wil ná agt jaar saam net nie gebeur nie?

As jou naam Elzaan Roelfse (27) is, neem jy die hef in die hand en vra jou geliefde self om te trou en doen dit boonop voor die televisiek­ameras. En as dit jou nie voor die kansel laat beland nie, verras jy hom ’n tweede keer; weer voor die kameras, dié keer op ’n ander program.

Elzaan het die man in haar lewe, Angelo Michaels (33), in September verlede jaar voor die kameras van die VIAtelevis­iereeks Sê Net Ja gevra om met haar te trou.

Angelo het ingestem, maar die trouklokki­es het steeds nie gelui nie. Die twee kon nie op ’n troudatum besluit nie en hul geld was min. Hulle het nog nie ’n permanente woonplek gehad nie en het by vriende gehuur.

“Ons ouers het gereeld ná Sê Net Ja gevra wanneer ons troudatum is,” sê Angelo, ’n fotograaf.

“Ons het geen probleem in ons verhouding nie; ons stry nooit,” sê Elzaan, ’n model.

Toe dinge te veel sloer, het sy ’n plan beraam. Sy het die televisiek­anaal VIA gekontak en gevra of hulle nie kon help met ’n troue nie. As ’n verrassing­s-verlowing kon werk, sou ’n verrassing-stroue dit tog ook kon doen.

EN DAAR, voor die kameras van die VIA- werklikhei­dsreeks Kom Ons Trou, Nou! breek ronde twee toe aan.

Elzaan het Angelo na die wynlandgoe­d Wederom buite Robertson, hul tuisdorp, genooi en gesê dit is vir ’n reeks oor paartjies wat in dieselfde bedryf werk.

Hul ouerpare is ook genooi, sonder om snuf in die neus te kry.

Angelo moes haar eers by die Four Cousins-restaurant op die dorp ontmoet. Toe hy daar instap, staan Elzaan in ’n spierwit rok daar. Dit kon net een ding beteken.

“Ek het haar in ’n trourok sien staan en gewonder waar ek inpas,” onthou hy en vertel hoe ’n emosionele Elzaan hom toe vra om daardie dag nog met haar te trou.

Hy het ingestem en is saam met die televisies­pan Wederom toe, waar die bruidegom eers sy familie en vriende gesien het toe hy in ’n grys pak wat Elzaan vooraf uitgekies het kansel toe stap.

Die paartjie is op die plek voor die TV-kameras getroud.

“Ek het werklik niks geweet nie,” sê Angelo nadat die trou-episode op 21 Junie uitgesaai is. “Elzaan het alles agter my rug beplan.”

Elzaan sê alles was presies soos hulle hul spesiale dag wou hê. “Dit was ons droomtroue,” sê sy.

Hy voeg doodtevred­e by: “Dit was vinnig, mooi en met min mense.”

Die dag nadat hul troue uitgesaai is, het die paartjie toe boonop hul heel grootste trougesken­k ontvang toe hul eersteling, Lazarus, gebore is.

“Dit is so ’n spesiale belewenis om ’n klein mensie wat jy nege maande lank binne jou gedra het eindelik vas te hou en te soen. Ek sien daarna uit om te sien na wie hy eendag gaan aard,” koer Elzaan oor die kleinding.

Angelo erken met ’n laggie hy het eintlik “wel ’n plan gehad” om Elzaan te vra om te trou.

“Ek het klavierles­se geneem om vir haar ons gunsteling­liedjie, Miguel se Sure Thing, te speel en haar daarna die jawoord te vra,” vertel hy.

Maar nou is Angelo verheug Elzaan het hom voorgespri­ng.

 ??  ?? HOOFFOTO: Elzaan Roelfse en Angelo Michaels het eers op nasionale televisie verloof geraak en toe op TV afgehaak sonder dat die bruidegom vooraf van iets geweet het. INLAS: Die bruidspaar se trouringe.
HOOFFOTO: Elzaan Roelfse en Angelo Michaels het eers op nasionale televisie verloof geraak en toe op TV afgehaak sonder dat die bruidegom vooraf van iets geweet het. INLAS: Die bruidspaar se trouringe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa