Huisgenoot

Wicus g’n flatervrye Koekedoort­jie

Hy was nie so ervare soos die res nie, maar ná ’n wankelrige begin is Wicus as Koekedoort­jie gekroon

- Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: DINO CODEVILLA

TOE die plaasseun van Prieska in die Noord-Kaap op ’n dag aankondig hy wil sy slag met koek bak voor die TV-kameras wys, het sy ouers glad nie sy geesdrif gedeel nie.

Want hoewel Wicus van Deventer (12) ’n slimkop en kranige sportman is, was hy ’n onervare bakker.

“Ons wou hom teen die nagevolge beskerm as hy nie goed genoeg sou wees nie,” gesels pa PG op die familiepla­as, Alicedale, waar hy met dorperskap­e boer.

Maar toe verstom Wicus sy ouers, die beoordelaa­rs, TV-kykers en homself en word onlangs as die heel eerste Koekedoort­jie in dié kykNET-bakkompeti­sie vir kinders gekroon.

Hy het self vroeg in die reeks gedink hy gaan die trekpas kry toe die beoordelaa­rs, Mari-Louis Guy en Nic van Wyk, nie met sy sneeupiekk­oek beïndruk was nie, erken hy. Maar toe begin hy in die sesde episode wen.

Anders as die ander nege finaliste het Wicus, ’n gr. 7-leerder aan die Gekombinee­rde Skool Prieska, eintlik bitter min ervaring in die kombuis. Twee jaar gelede het sy ouma Annelie vir hom ’n broodresep gegee, wat hy op sy eie gebak het. Daarna het die gogga gebyt en het hy met basiese koek bak begin.

Eers wou sy ouers nie hê hy, as taamlik onervare bakker, moet vir Koekedoort­jie inskryf nie, maar twee weke voor die sluitingsd­atum het hulle bes gegee.

Uitdunrond­es is oor die land heen gehou om 10 finaliste uit die 300 inskrywing­s te kies. Op pad na Bloemfonte­in, waar Wicus deelgeneem het, het sy ma, Nini, gebid hy haal darem die top-10. Hy het toe inderdaad, en as finalis kon hy een volwassene na die Koekedoort­jiestel saamneem. Wicus het op sy ma besluit.

“Kyk, as jy my saamneem, is jy in jou kanon,” het sy gewaarsku. Nini, ’n gr. 1-onderwyser­es en adjunkhoof van die Laerskool JJ Dreyer in Prieska, erken sy is geen bobaasbaks­ter nie.

Maar Wicus stry: “Ag, sy jok soms; sy is eintlik baie kreatief in die kombuis.”

’n Maand voor hul vertrek na Kaapstad, waar die reeks verlede September verfilm is, het Nini vir hom gesê: “My kind, nou moet ons begin leer om te bak.”

Hulle het die fynere kunsies van kreatiewe bak vinnig aangeleer deur onder meer na YouTube-video’s te kyk.

Tydens die eerste ronde van die kompetisie het Nini weer “vir die kind gebid hy val tog net nie eerste uit nie”.

Hy het nie, maar toe “gebeur daardie rampspoedi­ge sneeupiekk­oek in die tweede episode”, sê Wicus en trek sy oë dramaties op sy kenmerkend­e manier. Hy het die amandelmee­l te vroeg bygevoeg en die beoordelaa­rs het neus opgetrek vir die koek. “Ek was reg om huis toe te gaan,” bieg hy. Maar hoe verder die Karooseun in die kompetisie gevorder het, hoe meer selfvertro­ue het hy gekry.

Al is hy nou die land se bobaastien­erbakker, dink Wicus nie hy wil dalk eendag sy brood in die kombuis verdien nie. Hy wil ’n aktuaris word, want “ek is baie goed met somme doen”, verduideli­k die spontane seun wat diep in TV-kykers se hart ingekruip het.

Dié uitblinker­tjie het ook al aan die Suid-Afrikaanse swemkampio­enskapsbye­enkoms deelgeneem, is in die Vrystaat se junior gholfspan en draf as haker vir die Griekwa Bokkie-rugbyspan uit.

In Oktober gaan die gesin – ouboet Franco (15) en kleinsus Héloise (8) inkluis – op ’n week lange vakansie na die woestynsta­d Aboe Dhabi, een van die Koekedoort­jie-wenner se vele pryse.

Nini onthou toe hulle verlede jaar op die vliegtuig klim om Kaapstad toe te vlieg vir die kompetisie, het Wicus aan haar gestamp. Dit was toe dat hy sê: “Mamma, kom ons gaan wen dié ding.”

 ??  ?? HOOFFOTO: Koekedoort­jie, Wicus van Deventer, is in sy no noppies met die me menger wat hy gewe wen het. LIN LINKS: Wicus saam me met sy ouers, PG en Ni Nini, en sus Héloise. Ou Ouboet Franco is nie op die foto nie.
HOOFFOTO: Koekedoort­jie, Wicus van Deventer, is in sy no noppies met die me menger wat hy gewe wen het. LIN LINKS: Wicus saam me met sy ouers, PG en Ni Nini, en sus Héloise. Ou Ouboet Franco is nie op die foto nie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa