Huisgenoot

Trump deur kinderbele­id gepootjie

Trump is gestuit nadat hy duisende kinders van hul immigrante-ouers geskei het

- Saamgestel deur JANE VORSTER

DIE gesig van die tweejarige meisie van Honduras is vertrek van angs, en die trane maak stofstrepe oor haar wange. In haar pienk truitjie en skoene kyk sy hulpeloos toe hoe ’n groot, fris geboude Amerikaans­e grenswag haar ma in hegtenis neem.

Dié hartverske­urende toneel aan Amerika se grens met Mexiko is net een van talle soortgelyk­es wat die wêreld die laaste tyd aan die hart geruk het. Met verontwaar­diging vra mense oor die wêreld heen nou: Hoe gebeur sulke dinge in Amerika, ’n land wat hom roem op sy demokratie­se beginsels en tradisie van immigrante wat die groot Amerikaans­e droom met sukses najaag?

Die ouers wat van hul kinders weggevat en in die tronk gesmyt word, is tegnies onwettige immigrante, maar is dit werklik ’n misdaad om ’n beter lewe vir jou kinders te soek? Die anhoudings­entrums vir die kinders lyk soos hokke.

Dit is die wrede werklikhei­d. En dit gebeur op bevel van pres. Donald Trump.

Voorheen sou ouers en kinders saam aangehou word terwyl hulle wag vir hul asielverho­or. Maar Trump se nuwe regulasies vereis dat volwassene­s dadelik tronk toe gaan en dat hul kinders afsonderli­k in staatsorg gehou word tot tyd en wyl oor asiel besluit is.

Yanela Sanchez en haar ma, Sandra, se reis van Honduras en deur Mexico, was vol gevare en ontbering. Oplaas, ná weke op die pad, was daar een laaste hindernis vir hulle en ander hoopvolle migrante: ’n nagtelike vaart op ’n vlot oor die Rio Grande-rivier wat Mexiko van Amerika skei. Maar die oomblik toe hulle voet aan wal sit in Texas het die verskuilde grenswagte agter die bome uitgekom.

Die bekroonde fotograaf John Moore was dié keer saam met die grenswagte en het elke oomblik van wat volgende gebeur het, met sy kamera verewig.

John, ’n fotograaf wat al oorloë deur sy lens beleef het, vertel dié toneel was een van die moeilikste van sy loopbaan. Dit was traumaties om te luister hoe die kind paniekbeva­nge na haar ma roep.

“Ek wou haar huil stilmaak. Die ma het gelate gestaan terwyl sy deursoek is en die meisietjie het gehuil. Sy moes by haar ma gewees het.”

Die foto van die huilende klein Yanela het gou ikonies geword, die simbool van die ongeregtig­heid van Trump se “geen verdraagsa­amheid”-beleid jeens onwettige immigrante.

En dis ook danksy dié foto dat Trump dit ná net ’n paar weke moes laat vaar.

Intussen het haar pa, Dennis Javier Varela Hernandez, uit Honduras aan die tydskrif Time gesê hy het verneem Yanela en haar ma is nie van mekaar geskei soos Moore en die wêreld glo nie. Volgens sy inligting is hulle saam in ’n aanhouding­sentrum in Texas. Maar hy is nogtans trots Yanela Yanelahetd­ie het die simbool van ’n stryd teen ongeregtig­heid geword.

“Meer as 2 000 ander kinders was nie so gelukkig nie. Hulle is van hul ouers af weggeskeur . . . Ek is trots daarop dat my dogter die gesig van die migrasie-kwessie geword het,” sê Dennis, wat gekies het om in Honduras agter te bly.

“Ek hoop Trump sal in sy eie hart kyk en dat die Amerikaans­e owerheid asiel aan my vrou en kind sal toestaan.”

In die ses weke dat Trump se omstrede migrasiebe­leid in plek was, is sowat 2 300 kinders na aanhouding­sentrums geneem, van babas wat geborsvoed moet word tot kinders met Downsindro­om.

Klein Yanela was gelukkiger as so baie ander kinders, maar Moore se foto van haar het eindelik die hardkoppig­e Trump, wat selfs die pous se kritiek geïgnoreer het, tot oorgawe gedwing.

“Ek het nie gehou van hoe dit voel om te sien hoe gesinne geskei word nie,” het hy gesê. “Ons het ’n uitvoerend­e bevel geteken wat ek as ’n belangrike uitvoerend­e bevel beskou. Maar dit gaan daaroor om gesinne bymekaar te hou, en terselfder­tyd te verseker ons het ’n sterk grens.”

En toe staak hy die onmenslike beleid.

SO HET DIE KINDERHEL ONTSTAAN

Migrasie was een van die hoekstene van Trump se presidensi­ële veldtog in 2016. Maar die president sukkel sedertdien om nuwe migrasiebe­leide deur die Amerikaans­e Kongres te kry.

Uit pure frustrasie het Trump onlangs sy “zero verdraagsa­amheid”-beleid ingestel. Daarvolgen­s is alle volwassene­s wat die grens onwettig oorsteek in hegtenis geneem en deur misdaadkla­gte in die gesig gestaar. En hul kinders is weggeneem omdat hulle ingevolge die Amerikaans­e wet nie in federale tronke aangehou mag word nie.

Die Demokratie­se opposisie in Amerika noem die beleid “barbaars”. Selfs lede van Trump se eie Republikei­nse Party was met afgryse vervul en het hom daarvan beskuldig dat hy onskuldige kinders gebruik om sy beleid af te dwing.

Die woede het toegeneem namate inligting begin uitlek het oor die toestande waarin kinders aangehou word: in groot aanhouding­sentrums in omheinde kamers wat soos hokke lyk of in tente. Maar Trump wou nie toegee nie. “Die Verenigde State van Amerika sal nie ’n migranteka­mp wees nie,” het hy laat hoor. “Jy kyk na wat in Europa gebeur. Jy kyk na wat op ander plekke gebeur. Ons kan nie toelaat dat dit in die VSA gebeur nie. Ek sal dit nie toelaat nie.” ”

Die omstredenh­eid rondom sy beleid d het saamgeval met Amerika se onttrek- king aan die Verenigde Nasies se Menseregte­raad. Amerika is die eerste land wat vrywillig uit die wêreld se belangriks­te e menseregte­liggaam stap. Die besluit was s glo uit protes teen die raad se gereelde e kritiek op Israel, Amerika se bondgenoot. .

Kenners beskou die stap as ’n teken n van Trump se voornemens om ’n ontoe- geefliker benadering tuis en oorsee te e volg. Trump is in dieselfde tyd vir die e Nobel-vredesprys benoem omdat hy y Noord-Korea glo oorreed het om hul l kernwapenp­rogram te staak.

WAT HET TRUMP VAN PLAN LAAT VERANDER?

Die foto’s van huiuilende kinders het beslis ’n rol gespeel. eel. Kenners reken Trump het waarskynli­k besef hy is goed op pad om Amerika se mees gehate president te word. Selfs sy vrou, Melania, was geskok. Die presidents­vrou maak weinig opmerkings oor beleidskwe­ssies, maar in dié geval het sy ’n verklaring deur haar kommunikas­iedirekteu­r, Stephanie Grisham, uitgereik.

“Mev. Trump haat dit om te sien hoe kinders van hul gesinne geskei word en hoop albei kante van die saak kan bymekaarko­m en suksesvoll­e migrasiehe­rvorming moontlik maak,” het sy aan die media gesê. “Sy glo ons moet ’n land wees wat alle wette nakom, maar ook ’n land wat met sy hart regeer.”

Trump se dogter Ivanka het dit ook duidelik gemaak sy keur nie die ongevoelig­e stappe teen migrantege­sinne goed nie.

Trump is bekend vir sy hardkoppig­heid wanneer hy gekritisee­r word. Maar dit d lyk of hy dié keer, met selfs sy eie e gesin wat hom braai, besluit het h dit is wys om bes te gee.

KINDERS KIND SE LYDING NIE VERBY NIE

Kritici wys daarop Trump het ’n situasie geskep gesk waar gesinne geskei én in aanhouding is. Boonop mag kinders ingevolge Amerikaans­e wetgewing nie langer as 20 dae aangehou word nie. En met soveel asielsake wat in die hof aangehoor moet word, is dit onwaarskyn­lik dat alles binne 20 dae afgehandel sal wees.

Jonathan Turley, ’n regsprofes­sor aan die George Washington-universite­it, verduideli­k: “As dit 20 dae duur, moet jy óf die hele gesin vrylaat óf die kind in bewaarsorg plaas, en sodoende skei jy net weer die gesin.”

Ontleders wys daarop dat die president geen melding gemaak het van stappe om die duisende kinders in aanhouding weer met hul ouers te herenig nie. Sommige van die ouers is in tronke honderde kilometers weg van waar hul kinders aangehou word.

Die tragedie is dit kan nog lank duur voor ander kinders soos die meisie van Honduras weer in hul ma se arms is. BRONNE:

 ??  ?? HOOFFOTO: ’n Ontstelde Yanela Sanchez huil op die Amerikaans­e grens terwyl haar ma, Sandra, in hegtenis geneem word. LINKS: Pres. Donald Trump se “hartelose” immigrasie­beleid het hom in die pekel laat beland.
HOOFFOTO: ’n Ontstelde Yanela Sanchez huil op die Amerikaans­e grens terwyl haar ma, Sandra, in hegtenis geneem word. LINKS: Pres. Donald Trump se “hartelose” immigrasie­beleid het hom in die pekel laat beland.
 ??  ?? REGS: Die tydskrif Time het ’n treffende voorblad van Yanela en Trump geskep.
REGS: Die tydskrif Time het ’n treffende voorblad van Yanela en Trump geskep.
 ??  ?? BO: Onwettige immigrante in ’n tydelike aanhouding­sentrum op die Amerikaans­e grens. REGS: Trump se dogter Ivanka was ook ongelukkig omdat kinders van hul ouers geskei is. HEEL REGS: ’n Tentedorp vir kinders in Texas.
BO: Onwettige immigrante in ’n tydelike aanhouding­sentrum op die Amerikaans­e grens. REGS: Trump se dogter Ivanka was ook ongelukkig omdat kinders van hul ouers geskei is. HEEL REGS: ’n Tentedorp vir kinders in Texas.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa