Huisgenoot

Jannie du Toit trou ná blitsroman­se

JJanniei d du TToiti en sy Th Therinai is ná ’n warrelwind­romanse getroud op ’n bruilof waarop hy ‘speechless’ was

- Deur JACO HOUGH- COETZEE Foto’s: LUBABALO LESOLLE

HY IS ’ n deurwinter­de sanger wat al langer as vier dekades treffers soos ’n Liedjie vir Jou voor gehore landwyd en ook anderkant die waters sing. Maar vandag, in ’ n kerksaal voor 300 mense, begewe Jannie du Toit se moed hom om soos altyd agter die mikrofoon in te skuif. Die oomblik is te groot; hy is bang sy gemoed skiet vol, erken die gryskopsan­ger. Want vandag trou Jannie (66) ná ’n warrelwind­romanse met Therina Wentzel (52).

En natuurlik wil hy ’n liedjie vir sy bruid sing, ’n liefdeslie­djie wat hy spesiaal vir haar geskryf het. Daarom klink sy stem op die onthaal oor die luidspreke­rs op met die woorde van Jy Kyk Sag, ’n snit op sy nuwe album, Oesjaar, wat in November uitgereik word: Jy kyk sag, my lief, jou oë kyk sag na my; Ek sing sag, my lief, ek sing my liedjie sag vir jou . . .

En dis met ’n sagte lig in sy oë dat Jannie kort-kort tydens die seremonie in die Melville-kruiskerk in Johannesbu­rg vir sy bruid in haar ivoorkleur­ige trourok loer. Therina staan heeltyd liefdevol met haar arm om haar bruidegom se lyf.

Ds. Hendrik Odendaal bid dan ook: “So baie van ons het gedink dié twee sal nie liefde vind nie, maar hier is ons vandag.”

AL HET hulle eers in November ’n paartjie geword, het Jannie en Therina mekaar al 10 jaar gelede ontmoet. Dit was toe hy sy musiekprod­uksie Dagboek van ’n Swerwer toeganklik­er vir mense met gestremdhe­de wou maak en die Nasionale Raad vir en van Persone met Gestremdhe­id genader het. Therina het toe daar gewerk en is vandag hul nasionale direkteur.

Sy erken sy het destyds “al gedink hy is pragtig”, maar hulle was toe albei in ’n ander verhouding. Dis haar eerste huwelik dié en hy is in 1994 geskei. Hulle het geen kinders uit vorige verhouding­s nie.

Middel verlede jaar was Therina se 12 jaar lange verhouding op die rotse. Ook Jannie was ná die beëindigin­g van ’n verhouding weer enkellopen­d.

Toe hy hoor sy is “in die mark”, het hy haar verlede Oktober na ’n kooruitvoe­ring genooi. En net vier maande later het hy haar die jawoord gevra.

Dit was op ’n Sondag in Februarie nadat hulle die aanddiens bygewoon het hier in Melville se kerk, waar Jannie al sedert 1994 lid is van die sangbegele­idingsgroe­p. Agterna het hulle in Agterplaas, sy gastehuis wat hy al 19 jaar in Melville be- dryf, sop en brood gaan eet. En daar het hy haar onverwags gevra om te trou.

Therina het nog ’n slukkie van haar wyn geneem en toe ja gesê. “Nee, ek was nie uit die veld geslaan nie,” vertel sy. “Ek het geweet dit sou gebeur, maar het net nie gedink so gou nie!”

Eers wou hulle trou op 6 Oktober, haar verjaardag, maar ’n maand later wou Jannie weet: “Moet ons regtig so lank wag?” Toe vervroeg hulle die datum tot 23 Junie.

Al trou hulle ewe tradisione­el in die kerk, met die onthaal langsaan in die kerksaal, wyk die twee van die tradisie af dat die bruidegom nie die bruid mag

sien i voor sy di die k kerk k bi binnestap t nie. i

En selfs op sy troudag verklaar Jannie: “Ek is nie die paktipe nie.” Dit is dié dat hy hom uitgevat het in ’n swart broek, koningsblo­u fluweelbaa­djie en ivoorkleur­ige polonekwol­trui.

Nee, sy is glad nie senuagtig nie, sê Therina toe sy in haar bruidsrok met antieke kant geborduur en met Swarovskik­ristalle om die soom afgerond by Agterplaas se voordeur uitgestap kom. “As jy met so ’n wonderlike man trou, hoef jy nie senuwees te hê nie,” verduideli­k sy.

“Jannie, lyk ek mooi?” vra sy haar bruidegom, wat op die stoep met gaste staan en gesels. “Jy lyk blêrrie pragtig!” sê hy. Dan vertrek die twee saam in ’n familievri­end se Bentley-sportmotor, eers na ’n fotosessie op die Tinkler School-aktiwiteit­sterrein en dan kerk toe.

Presies om vyfuur beier die kerkklokke en die bruidspaar hou voor die kerkdeure stil. Jannie stap eerste in en groet van die gaste. Therina volg sowat 10 minute later aan die sy van haar broer, Carl Wentzel.

Voor die kansel brand 24 kerse. Die prentjie word afgerond met vier blomvase met wit rose en lelies. Tydens die erediens lewer onder andere Renette Bouwer, Amanda Strydom, Susan Mouton (tjello) en Douw Steyn ( kitaar) musiekitem­s.

Nadat die huweliksre­gister onderteken

is, i begelei die trekklavie­rspeler Sergio o Zampolli die pasgetroud­es na die kerk- saal.

Die tafels is eenvoudig versier met t roomkleuri­ge tafeldoeke en ’n enkele blou u vaas met ’n ruiker van wit rose en veld- blomme. Die onthaal is soos die plat-op- die-aarde bruidspaar dit wil hê – sonder r formele toesprake. Toe die gaste Jannie e later luidkeels aanmoedig om iets te sê, , neem hy die mikrofoon en laat hoor: “am speechless.”

Op die spyskaart is groentesop en tuisgebakt­e broodrolle­tjies, gevolg deur beesvleiss­kywe saam met groentes, rys en aartappels. Tussendeur tree sangers soos Richard van der Westhuizen, Lochner de Kock, Anna Davel en Thean Kotzé op.

Die volgende dag vertrek die pasgetroud­es na Clarens in die Oos-Vrystaat vir ’n week lange wittebrood. Therina sê sy wil net heeltyd luister hoe haar man die liedjies van sy eersdaagse album oefen.

En so het die minnesange­r eindelik iemand gevind vir wie hy sy liedjie kan sing . . .

DIE BRUIDSPAAR BEDANK: MONT DU TOIT KELDERS (WYN) MONTDUTOIT.CO.ZA; ALET DREECKMEIE­R (BRUID SE HARE EN GRIMERING) ALET.HAIR@GMAIL.COM; BILL CRAIG MAN’S SHOP (BRUIDEGOM SE UITRUSTING) BILLCRAIG.CO.ZA; RENDEZVOUS RESTAURANT (SPYSENIERI­NG) ALLEVENTSA­FRICA.COM; NELA KANEVA (TROUROK) BRIDALANDT­UXEDO.CO.ZA; MALCOLM JAMES (SPYSENIERI­NGSTOERUST­ING) 061-452-4969; BASTIAAN VERHOEK (WITTEBROOD­VERBLYF) CLARENSVIE­WS.CO. ZA; AGTERPLAAS-GASTEHUIS (VERBLYF VAN TROUGASTE) AGTERPLAAS.CO.ZA; 27 BOXES MELVILLE (PARKERING) 27BOXES.CO.ZA; TINKLER SCHOOL (VERMAAK EN AKTIWITEIT­E VIR KLEINTJIES) 079-151-9015

 ??  ?? HOOFFOTO: Jannie du Toit sing nou sy liedjie vir Therina Wentzel, wat sag na hom kyk. LINKS: Therina se broer, Carl Wentzel, bring haar in. INLAS: Die twee het hul ringe sommer op ’n vlooimark gekoop.
HOOFFOTO: Jannie du Toit sing nou sy liedjie vir Therina Wentzel, wat sag na hom kyk. LINKS: Therina se broer, Carl Wentzel, bring haar in. INLAS: Die twee het hul ringe sommer op ’n vlooimark gekoop.
 ??  ?? LINKS: HaaHaar rok is met antieke kant geborduur met Swarovski- Swarovski-kkristalle om die soom. BO en REGS: Die paarar in ’ ’n spelerige bbui by die Tinkler School-aktiwiteit­sentrum.m. Musikante wat tydens die geleenthei­d opgetree het, sluit in Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock (BO) en Anna Davel (LINKS ONDER) en Amanda Strydom (REGS ONDER).
LINKS: HaaHaar rok is met antieke kant geborduur met Swarovski- Swarovski-kkristalle om die soom. BO en REGS: Die paarar in ’ ’n spelerige bbui by die Tinkler School-aktiwiteit­sentrum.m. Musikante wat tydens die geleenthei­d opgetree het, sluit in Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock (BO) en Anna Davel (LINKS ONDER) en Amanda Strydom (REGS ONDER).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: LIN Annette Rademeyer het die troukoek geskep: tradisione­le vrugtekoek, eenvoudig versier, plus ’n stukkie verpak vir elke gas. HEEL LINKS: Die tafels in di die saal is minimaal versier.
LINKS: LIN Annette Rademeyer het die troukoek geskep: tradisione­le vrugtekoek, eenvoudig versier, plus ’n stukkie verpak vir elke gas. HEEL LINKS: Die tafels in di die saal is minimaal versier.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa