Huisgenoot

Johnny Depp verval in ellende

Die eens aantreklik­e hartebreke­r Johnny Depp se lewe het drasties uitmekaarg­eval. In ’n onlangse onderhoud het hy hart oopgemaak hieroor

- Saamgestel deur KIM ABRAHAMS

EENDAG – dit voel nou na lank, lank gelede – was hy die goue seun van Hollywood; ’n smeulende ster met gevoelvoll­e oë en ’n stem soos gesmelte sjokolade wat van enige fliek ’n treffer kon maak. Natuurlik was hy so ’n bietjie vreemd – jy moet wees om ’ n karakter soos Edward Scissorhan­ds te speel. En vir Pirates of the Caribbean se Jack Sparrow moet jy ook maar ’n donker kant hê.

Maar Johnny Depp het die afgelope paar jaar ’n ontstellen­de metamorfos­e ondergaan. Tande wat disintegre­er weens vermoedeli­k te veel drank en dwelms. Huishoudel­ike geweld. Geldproble­me. En onlangs foto’s van hom op toer in Rusland saam met sy orkes, Hollywood Vampires, waar hy so uitgeteer was, ’n mens kon hom skaars herken.

Is hy siek? Is dit vir ’n fliek? Johnny (55) het geswyg – tot die tydskrif Rolling Stone pas ’n onderhoud met die akteur geplaas het waar hy uitpak oor sy depressie, geldproble­me en ellende.

In die 72 uur wat die joernalis in sy geselskap was, het die akteur die meeste van die tyd zol gerook en wyn gedrink.

Johnny het byna sy hele fortuin van sowat R9 miljard verloor en is gewikkel in ’n stryd met sy voormalige bestuurder, Joel Mandel, wat beweer die akteur skuld hom geld. Wat het gebeur om die superster in hierdie doodloopst­raat te laat beland?

DIE VET JARE

Die eerste keer toe mense hom begin raaksien, was as Tom Hanson in 21 Jump Street, die gewilde TV-reeks van die 1980’s. Daarna wou hy nooit weer ’n mooiseunro­l hê nie. Hy wou iets hê wat sy “verbeeldin­g prikkel”.

Toe kom What’s Eating Gilbert Grape, Sleepy Hollow en die eerste van die Pirates of the Caribbean-flieks, en sy loopbaan vat vlam. In 2003 wen hy ’n Amerikaans­e Akteursgil­de-prys vir sy rol as Jack Sparrow en word hy ook benoem vir ’n Oscar, ’n Bafta en ’n Golden Globe.

Die rolle het aanhou inrol, en in 2012 het hy die Guinness World Record gehou as die hoogs betaalde akteur van die jaar met ’n inkomste van R615 miljoen.

HUISMOLES

Tuis was dinge nie so lekker nie. In 2012 is Johnny en die Franse aktrise Vanessa Paradis ná 14 jaar uitmekaar. Hulle is die ouers van Lily-Rose (nou 19) en John Christophe­r (nou 16).

Destyds het hy aan Rolling Stone gesê: “Die afgelope paar jaar was maar stamperig. Dit was nie maklik vir haar nie. Dit was nie maklik vir my nie. Dit was nie maklik vir die kinders nie.”

Nie lank daarna nie het hy geval vir die aktrise Amber Heard, wat 22 jaar jonger as hy is. Hulle het in 2014 verloof geraak, en toe ’n troue nader kom, het sy naaste vriende hom volgens gerugte gesmeek om nie met die Justice League-aktrise te trou nie – of ten minste ’n voorhuweli­kse kontrak op te stel. Maar Johnny wou niks hoor nie.

Hy en Amber is in Februarie 2015 getroud op sy privaat eiland in die Bahamas. Die feesvierin­gs het hom blykbaar iets soos R12 miljoen uit die sak gejaag.

DRAMA, DRAMA, DRAMA

Eers was dit ’n bisarre hondestori­e toe Johnny en Amber op ’n privaat straler Australië toe vlieg en daarvan aangekla word dat hulle hul yorkies, Pistol en Boo, die land wou insmokkel sonder die regte dokumente.

Van daar af was dit net afdraande vir die paartjie. Gerugte oor moeilikhei­d het tot ’n punt gekom toe Amber in 2016 aansoek doen om ’n beskerming­sbevel teen haar man te kry.

Foto’s het in die tydskrif People verskyn van ’n erg gekneusde Amber wat aangevoer het Johnny was “dronk en gerook” toe hy haar “met geweld op die vloer neergestam­p het”.

Volgens hofdokumen­te het Amber gesê hulle was besig met ’n “vreedsame gesprek” oor die onlangse dood van sy 81-jarige ma, Betty S Sue P Palmer, l toe sy gedrag skielik drasties verander.

“Johnny het die selfoon gegryp, sy arm in die rondte geswaai en die foon na my toe gegooi. Dit het my wang en oog met ’n groot slag getref.

“Johnny het aanhou skree op my, my hare getrek, my geslaan en hard aan my gesig gegryp.”

Amber het hom gedagvaar om ’n egskeiding, en dis in Augustus van daardie jaar gefinalise­er.

In sy onlangse onderhoud met Rolling Stone erken hy hy was “die laagste wat ek ooit kon wees”.

DRANK, DWELMS EN GELDMORS

Sy manier om staande te bly was om op toer te gaan saam met sy orkes en sy outobiogra­fie te skryf.

“Ek het soggens vir my ’ n wodka geskink en begin skryf tot die trane in my oë opgedam het en ek nie meer die bladsy kon sien nie. Ek het probeer uitwerk wat ek gedoen het om dit te verdien. Ek het nog altyd probeer om gaaf te wees met almal, om eerlik te wees met almal. En tog het dit alles gebeur.”

Hy was die volgende byna twee jaar op sy eie, waartydens hy hom aan Quaaludeta­blette (die Amerikaans­e handelsnaa­m van Mandrax) oorgegee het en maklik $30 000 (R408 000) per maand aan wyn bestee het. Hy y het volgens gerugte ook $ $3 miljoen (R40 miljoen) betaal o om die as van sy vriend die skryw wer Hunter S. Thompson uit ’n k kanon te laat skiet. Ewe droog stel hy die feite vir R Rolling Stone: “Dis ’n belediging om te sê ek het $30 000 aan wyn be bestee; dit was baie meer. En dit was nie i $3 miljoen om Hunter die f****n lug in te skiet nie – dit was $5 miljoen.”

GELDPROBLE­ME

Johnny raak in die onderhoud emosioneel toe hy praat oor hoe sy seun gehoor het hy is in ’n geldelike verknorsin­g.

“My seun moes by die skool hoor hoe sy outoppie al sy geld verloor het – dis nie reg nie,” sê hy.

Sy fortuin is byna heeltemal op. En hy sê dis weens wanbestuur deur sy sakebestuu­rder, Joel Mandel.

Die akteur dagvaar The Management Group (TMG), wat deur Joel en sy broer Robert bestuur word, vir agtelosigh­eid, bedrog en die verbreking van vertrouens­plig.Volgens die eis het TMG sonder sy medewete die stewige bedrag van R95 miljoen aan Johnny se suster, Christie, betaal en nog R10 miljoen aan sy assistent, Nathan Holmes.

Maar Johnny moet maar ’n bietjie rem aanslaan as dit kom by beskuldigi­ngs oor geld. Benewens sy motors en vliegtuie het hy ook R300 miljoen bestee aan ’n jag en ’n eilandgroe­p in die Karibiese See. Sy totale maandeliks­e uitgawes was gereeld meer as R25 miljoen.

Toe bankrotska­p hom in die gesig staar, was hy in 2016 verplig om sy Franse villa vir R850 miljoen te verkoop. En nou eis hy skadevergo­eding van R335 miljoen van v TMG.

MAAR M DIE WIELE MOET ROL

Johnny J het ’n hele paar flieks wat wag, onder o meer die tweede Fantastic Beastsflie­k fl en die biografies­e fliek City of Lies.

En daar is ’n paar projekte wat hy self wil w ondersoek, soos ’n nuwe weergawe van v James Cameron se Titanic – maar dié d keer in ’n bad verfilm. Regtig.

“Dit sal fantasties wees,” sê hy. “Maar Hollywood neem nooit risiko’s nie.”

 ??  ?? LINKS: Johnny Depp het saam met sy orkes, Hollywood Vampires, gaan toer om van die drama te ontsnap. REGS: Sy dwelm- en drankprobl­eem het die akteur amper onherkenba­ar gelaat.
LINKS: Johnny Depp het saam met sy orkes, Hollywood Vampires, gaan toer om van die drama te ontsnap. REGS: Sy dwelm- en drankprobl­eem het die akteur amper onherkenba­ar gelaat.
 ??  ?? LINKS: Johnny en Amber Heard is in 2016 geskei ná bewerings van mishandeli­ng (BO).
LINKS: Johnny en Amber Heard is in 2016 geskei ná bewerings van mishandeli­ng (BO).
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? L LINKS: Johnny kon lank sy drankprobl­eem p beheer. NAASLINKS: Sy S rol as Jack Sparrow het hom ’n loketsukse­s gemaak. HEEL LINKS: L 21 Jump Street het hom in d die 1980’s beroemd gemaak.
L LINKS: Johnny kon lank sy drankprobl­eem p beheer. NAASLINKS: Sy S rol as Jack Sparrow het hom ’n loketsukse­s gemaak. HEEL LINKS: L 21 Jump Street het hom in d die 1980’s beroemd gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa