Huisgenoot

Nuwe Incredible­s ’n fees vir die oog en oor PLUS twee top-DVD’s

-

RAAISELKIN­D

Drama. Dié fliek, gegrond op Annelie Botes se gelyknamig­e boek, bied ’n rou en eerlike blik op die uitwerking van die ontwikkeli­ngsteuring outisme op gesinne.

Dit handel oor Alexander (Ian Roelofs), ’n outistiese seun. Hy word op nege dood in hul bad by die huis aangetref. Sy ma, Ingrid (Diaan Lawrenson), al mens wat tuis was, word in hegtenis geneem en telkens is die vraag: Het Ingrid haar eie kind vermoor?

Die fliek bly grotendeel­s getrou aan die boek en veral June van Merch (Die Boekklub en Sara Se Geheim) se rol as Miriam, wat Alexander help versorg, se spel is hartverske­urend. Roelofs as die outistiese seuntjie is ’n openbaring en genoeg rede om die fliek te kyk. Dit sal jou enduit boei. – PIETER VAN ZYL 2018. 120 MIN. 16GT. OOK OP DSTV BOX OFFICE.

BATTLE OF THE SEXES

Ware lewensdram­a. In 1973 daag die 55-jarige afgetrede tenniskamp­ioen Bobby Riggs (Steve Carell), ’n selferkend­e manlike chauvinis, die destydse vrouekampi­oen Billie Jean King (Emma Stone) tot ’n eenmalige wedstryd uit om te “bewys” mans is beter as vroue.

Die wedstryd is eintlik net ’n publisitei­tsfoefie om Riggs se loopbaan te laat herleef, maar vestig eerder die openbare aandag op vroulike beroepspel­ers se stryd om gelyke betaling. Destyds was hul prysgeld sowat ’n agtste van mans s’n.

Met goeie spel, opwindende tennis en ’n sterk feministie­se stelling word dié kykstof sterk aanbeveel. – WILLEM MÖLLER 2017. 117 MIN. 13DVS. OOK OP DSTV BOX OFFICE.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa