Huisgenoot

ANGOLA-GEVOELENS SONDER NAAM

-

Ek verwys na Yvonne Beyers se redakteurs­brief oor die oorlogsvet­erane se toer na Angola. Ek was een van hierdie veterane.

Sy skryf Poppie Nongena het gevoelens gehad wat sy nie kon beskryf nie. Ek het ook sulke gevoelens gehad. Ek het dit eintlik steeds.

Die redakteur ken nie my gevoelens nie, maar sy erken dit en vra plek daarvoor. Ek waardeer dit. Ons het eintlik nooit erkenning vir ons diens gekry nie.

Ek vra nie nou erkenning daarvoor nie (dis alles te ingewikkel­d), maar waardeer opreg die begrip wat die redakteur toon oor dit wat ons voel.

Ek was by die voorval in 1981 betrokke wat in die artikel beskryf word. Daardie dag is vier manne naby my doodgeskie­t, en ek dink twee is gewond.

’n Bietjie meer as twee jaar later was ek in erger gevegte betrokke waarin selfs meer mans dood is. Weer het dit taamlik naby aan my gebeur.

Eintlik gee niemand daaroor om nie. Al wie regtig omgee, is jou ouers, familie, nabye vriende en kamerade.

Ons lewe het in Angola onherroepl­ik verander, maar ons het ook met ons lewe aangegaan. Ek onthou eintlik nou bitter min van daardie dae.

Die redakteur vra daar moet ook plek wees om ons stories wat nie naam het nie te vertel. Ons het dit op die toer gedoen.

Ons kon openhartig praat tussen mans wat die gedeelde ervaring verstaan.

Ons kon ons weerlooshe­id deel, en mans wat steeds pyn ervaar, kon dit ook hier deel.

Terselfder­tyd was ons op ’n reis om uit te reik na voormalige vyande en hulle na ons.

Hoe beskryf ’ n mens daardie gevoelens? Dit het nie ’n naam nie; ek waardeer die begrip daarvoor opreg.

NIEL DEVILLIERS, JOHANNESBU­RG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa