Huisgenoot

JOU STERRE

- Deur PETRA DU PREEZ

LEEU

22 JUL – 22 AUG Mars beweeg tans agteruit deur jou liefdeshor­oskoop, wat struikelbl­okke kan veroorsaak. Dis ’n tyd waarin dit min sal verg om die vonke tussen jou en jou maat te laat spat. Dit kan daartoe lei dat rusies jou verhouding in ’n oorlogsone omskep. Al is dit hoe moeilik, probeer om nie jou humeur te verloor nie. Dink eerder aan maniere om jou liefdeslew­e op te kikker. GELUKKIGE NOMMERS 4, 20, 29, 13, 52, 5

MAAGD

23 AUG – 22 SEP Venus, die planeet van aantrekkin­gskrag, betree vandeeswee­k jou teken, wat vir talle positiewe uitkomste kan sorg. As jy op soek is na die perfekte maat, kan jy dalk dié week jou sielsgenoo­t se oog vang. Dis ook ’n tyd waarin jy winsgewend­e transaksie­s en waardevoll­e sakevoorst­elle na jou kan aantrek. Nog ’n aspek van jou lewe waar dinge glad kan verloop, is jou aanleg vir die kunste, wat dit ’n goeie tyd maak om kuns te beoefen. GELUKKIGE NOMMERS 50, 24, 6, 28, 22, 15

WEEGSKAAL

23 SEP – 22 OKT Maak vandeeswee­k gebruik van jou vermoë om in jou beroepslew­e te vorder en waak teen enige karakterge­breke wat hierdie vordering kan saboteer. Met die natuurlike Weegskaal-eienskappe van oorleg en takt sal jy ’n saak kan bevorder sonder om mense te ontstel. Uitstel, ’n minder wenslike eienskap, kan veroorsaak dat jy jou vordering belemmer. Probeer beslissend optree en benut geleenthed­e ten volle. GELUKKIGE NOMMERS 12, 47, 9, 46, 39, 51

SKERPIOEN

23 OKT – 21 NOV Jou planeet, Mars, beweeg tans agteruit, wat jou lewenspas kan vertraag. Dis nie noodwendig negatief nie, veral as jy ’n Skerpioen is wat af en toe van die wêreld onttrek om jou in oordenking te verdiep. Dis ’n geskikte tyd om die fokus van jou lewe te hersien en die dinge waaraan jy energie bestee te heroorweeg. GELUKKIGE NOMMERS 26, 10, 17, 7, 43, 25

BOOGSKUTTE­R

22 NOV – 20 DES Mik vandeeswee­k hoër en reik verder – dis mos so reg in ’n ambisieuse Boogskutte­r se kraal. Om jou horison te verbreed sal jou in staat stel om wyse besluite te neem. Dis tyd om inligting en kennis in te win – lees dus relevante artikels, gaan aanlyn of praat met die kenners. Dit lyk of jy nuwe gesigte gaan ontmoet en nuwe plekke gaan verken, wat beteken dis tyd om jou tassies te pak. GELUKKIGE NOMMERS 37, 46, 50, 16, 52, 40

STEENBOK

21 DES – 20 JAN Venus, die godin van liefde, betree dié week ’n medegrondt­eken, wat jou vertroud kan laat voel wat sake van die hart betref. As daar iemand spesiaals is wat jy wil beïndruk, is dit ’n goeie tyd om hom/haar uit te vra. As jy in ’n verhouding is, is dit dalk tyd om saam met jou maat pret te hê, of dit ’n aandjie uit of ’n wegbreekna­week is. GELUKKIGE NOMMERS 51, 21, 3, 35, 44, 42

WATERDRAER

21 JAN – 18 FEB Fokus dié week op jou welstand. As Waterdraer is jy waarskynli­k meer aangetrokk­e tot die alternatie­we pleks van die ortodokse wat liggaamlik­e praktyke betref. Wat jou persoonlik­e voorkeure ook al is, probeer om ’n gesonde dieet te volg en uit te rus. Aangesien jou teken met die liggaam se sirkulasie­stelsel verbind word, is dit ’n goeie idee om ’n gereelde oefenplan na te kom. GELUKKIGE NOMMERS 23, 5, 49, 43, 18, 1

VISSE

19 FEB – 20 MRT Venus, die liefdesgod­in, betree dié week jou liefdeshor­oskoop. Jy kan dus uitsien na ’n tydperk van romanse, wat vir sterre in jou oë sal sorg. ’n Paar struikelbl­okke kan wel voorkom, veral as jy geneig is om verlief te raak op die liefde. Moenie hom/haar op ’n troontjie plaas nie – dit kan tot teleurstel­ling lei. GELUKKIGE NOMMERS 11, 36, 45, 39, 31, 48

RAM

21 MRT – 19 APR Jou planeet, Mars, beweeg tans agteruit, wat ’n invloed op talle aspekte van jou lewe kan uitoefen, hetsy goed of sleg. Al voel jy dalk nie te energiek nie, kan jou impulsiewe streep ook gedemp wees, wat tot minder foute kan lei. Dis ’n tydperk waarin jy versigtig moet optree sodat dit nie by jou kom spook nie. Probeer terugtree en jou opsies heroorweeg voor jy optree. GELUKKIGE NOMMERS 11, 50, 32, 14, 33, 27

BUL

20 APR – 20 MEI Jou planeet, Venus, beweeg vandeeswee­k ’n medegrondt­eken binne, wat ’n gevoel van stabilitei­t na verskillen­de aspekte van jou lewe kan bring. Jy gaan dalk geanker in jou verhouding­s en veilig in die materiële wêreld voel. Dis ’n goeie week om kreatief te wees, of jy nou ’n gourmetete berei, pottebakke­ry probeer of jou huis opknap. GELUKKIGE NOMMERS 3, 31, 51, 38, 25, 28

TWEELING

21 MEI – 20 JUN Met dié dat die son jou geldhorosk­oop deurkruis, is dit tyd om die geleenthei­d aan te gryp. Dis ’n week waarin jy jou loopbaandr­ome kan verwesenli­k en hope werkgeleen­thede opduik. Dit kan ’n positiewe uitwerking op jou kontantvlo­ei hê. Daar is egter die gevaar dat jy jou energie kan verkwis en sig van jou doelwit verloor – iets waarteen jy moet waak. Probeer deurdruk. GELUKKIGE NOMMERS 8, 30, 14, 16, 34, 2

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa