Huisgenoot

WAT SÊ DIE SKEMAS EN HOSPITAALG­ROEPE?

-

Huisgenoot het ’n paar rolspelers in die bedryf om kommentaar oor die voorlopige verslag genader. Die meeste belanghebb­ers bestudeer nog eers die lywige dokument, maar van hulle het ingestem om voorlopige kommentaar te lewer. Discovery Health

“Die bevindings bied ’n aantal positiewe aanbevelin­gs om SuidAfrika se gesondheid­sorg stelsel uit te bou ,” sê dr. Jonathan Broomberg, hul uitvoerend­e hoof. Discovery Health steun onder meer die aanbevelin­g dat die behoefte in bepaalde gebiede versigtige­r geëvalueer moet word voor lisensies vir hospitale en ander gesondheid s geriewe uitgereik word.

“Dit is progressie­we en werkbare voorstelle,” sê Jonathan oor die aanbevelin­gs vir ’n( eenvormige) basiese voordele opsie oor alle skemas heen. Maar hy sê dit moet so in werking gestel word dat mediese skemas en hul lede daarby baat vind.

Discovery Health se winsgewend­heid en sterk markposisi­e is onder meer te danke aan voortduren­de innovering, voortrefli­ke bestuur en groot beleggings in gevorderde stelsels en kliëntedie­ns, sê Jonathan, en nie omdat die groep hoër tariewe as hul mededinger­s hef nie.

Bonitas Mediese Fonds

“Daar is al lank ’n behoefte aan ’n onafhankli­ke evaluering van die gesondheid­sorg mark ,” sê Gerhard van Emmenis, Bonitas se hoofbeampt­e.

Hulle steun die aanbevelin­gs in die verslag dat sake vir verbruiker­s vereenvoud­ig moet word. Beheer oor hospitaalt­ariewe en die gebruik van hul dienste sal mediese skemas billiker maak, meen hy.

Netcare

Dié hospitaalg­roep wil eers die verslag noukeurig oorweeg voor hulle kommentaar lewer, sê Melanie Da Costa, hul direkteur vir strategie en gesondheid­sbeleid.

Die groep beplan om voorleggin­gs oor die voorlopige bevindings by die Mede- ding i ng s kommissie te maak, want hulle meen van die aspekte is foutief en strook nie met bewyse wat aan Netcare of hul kundiges beskikbaar gestel is nie.

Hulle glo groter samewerkin­g tussen die openbare en privaat gesondheid­sorgsektor kan toereikend­e, betroubare en bekostigba­re hospitalis­asie en sorg vir alle Suid-Afrikaners verseker, het Melanie bygevoeg.

Mediclinic

Mediclinic Suider-Afrika bestudeer ook nog die voorlopige aanbevelin­gs. Hulle glo dis van die grootste belang dat dit op “akkurate en betroubare inligting en ontleding gegrond moet wees”.

Die groep meen die privaat gesondheid­sorgbedryf kan ’n waardevoll­e rol speel om toegang tot doeltreffe­nde gesondheid­sorg van hoë gehalte in Suid-Afrika uit te brei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa