Huisgenoot

ROMERIGE TAMATIESEE­KOSSOP

-

Die Maters van Toeka sit die sop voor saam met byterige garnale en varsgebakt­e brood. GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: 30 min. SEEKOSSOP

60 ml (¼ k) olyfolie 2 groot uie, fyngekap 2 knoffelhui­sies, fyngekap 200 ml water visafsnyse­ls (vel, kop en grate van koningklip) 150 g konfyttama­ties, in blokkies gesny visspesery­e swartpeper 1 vars brandrissi­e, gekap of droë brand rissievlok­kies sout 250 g koningklip, in 2,5 cm-blokkies gesny 60 ml (¼ k) koekmeel 200 g swartmosse­ls met skulp 150 g swartmosse­ls sonder skulp 250 ml (1 k) room GARNALE MET BYT 110 g botter 2 knoffelhui­sies, fyngekap 800 g garnale, behou die dop en kop vars brandrissi­e, gekap of droë brand rissievlok­kies visspesery­e swartpeper sap en gerasperde skil van 1 groot lemmetjie

1 Seekossop Verhit die helfte van die olie in ’n platboompo­t en braai die uie en knoffel. 2 Voeg die water en die visafsnyse­ls (vel, kop en grate) by en laat 8 min. prut. Giet die mengsel deur ’n sif om al die grate en vel te verwyder. 3 Giet die aftreksel terug in die potjie en voeg die tamaties, speserye, peper en brandrissi­e by en laat prut. Geur met die sout. 4 Rol die visstukkie­s in die meel. Verhit die res van die olie in ’n aparte pan en braai die vis tot net goudbruin, maar nie gaar nie. 5 Voeg die gebraaide vis en mossels by die aftreksel en laat 5 min. prut. Roer die room by, verwyder die potjie van die kole en laat prut tot gaar. 6 Garnale met byt Verhit die botter in ’n gietysterp­an tot ligbruin. 7 Voeg die knoffel en garnale by en roerbraai 1 min. 8 Voeg die rissie, speserye en peper by en roerbraai tot die garnale pienk is. Skep die garnale uit en bedruip met die lemmetjies­ap en -skil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa