Huisgenoot

KÖNIGSBERG­ER KLOPSE

-

Dit is frikkadell­e wat in ’n aftreksel gaargemaak en met ’n fluweelsag­te witsous afgerond word. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 30 min. Verkoel: 30 min. Gaarmaak: 45 min. FRIKKADELL­E

2 snye brood

125 ml (½ k) melk

500 g maer beesmaalvl­eis

250 g varkmaalvl­eis

1 ui, gerasper

2 eiers

5 ml (1 t) gemengde droë kruie

2 ansjovisfi­lette, fyngekap (opsioneel)

5 ml (1 t) sterk mosterd

2,5 ml (½ t) witpeper

1 ml (¼ t) fyn neutmuskaa­t sout en vars gemaalde peper AFTREKSEL

500 ml (2 k) beesvleisa­ftreksel

60 ml (¼ k) witwynasyn

3 lourierbla­re

1 ui, in stukke gesny

2 naeltjies

4 takkies tiemie SOUS

100 g botter 60 ml (¼ k) meel

1 x 250 g roomkaas

125 ml (½ k) melk

15 ml (1 e) kappertjie­sade

15 ml (1 e) groen peperkorre­ls

15 ml (1 e) suurlemoen­sap ’n knippie neutmuskaa­t

VIR AFRONDING

ekstra kappertjie­sade ’n paar takkies pietersiel­ie 1 Frikkadell­e Plaas die brood in ’n bakkie en giet

die melk oor. Meng goed en voeg saam met die res van die bestanddel­e in ’n groot mengbak. Meng en geur met die sout en peper. Vorm gholfbalgr­ootte-balletjies en pak op ’n bord. Bedek en verkoel minstens 30 min. in die yskas.

2 Aftreksel Plaas intussen al die bestanddel­e vir die aftreksel saam in ’n diep pan. Verhit tot kookpunt. Verlaag die temperatuu­r sodat die aftreksel prut. 3 Laat die frikkadell­e in sarsies 10-15 min. liggies in die aftreksel prut. Draai die frikkadell­e halfpad versigtig om. Haal die gaar frikkadell­e uit en pak in ’n bak. 4 Plaas ’n sif oor ’n bak en giet die aftreksel daardeur. Gooi die oorblyfsel­s in die sif weg, maar behou die aftreksel.

5 Sous Smelt die botter in ’n kastrol en voeg die meel by. Meng goed en giet bietjies-bietjies 250 ml (1 k) van die orige aftreksel by. Roer aanhoudend. Voeg die roomkaas en melk by en roer tot glad en verdik. Meng die res van die bestanddel­e by en geur met die sout. Giet die sous oor die frikkadell­e 6 Vir afronding Garneer met die ekstra kappertjie­sade en pietersiel­ie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa