Huisgenoot

SCHWEINEBR­ATEN MET AARTAPPELS­LAAI

-

Dié varkbraad sit ons voor saam met tradisione­le Duitse aartappels­laai. GENOEG VIR 6 MENSE Bereiding: 20 min. Gaarmaak: sowat 1 uur 45 min. VARK

1-2 kg varklies, met vel maar sonder been sout en witpeper

10 ml (2 t) sterk mosterd

1 ui, in kwarte gesny

2 appels, in stukke gesny

¼ kopkool, in dik skywe gesny

2 lourierbla­re ’n hand vol tiemie

1 x 340 ml-bottel bier

250 ml (1 k) hoenderaft­reksel growwe sout na smaak

AARTAPPELS­LAAI

30 ml (2 e) olyfolie 100 g spek, grofgekap 6 knoffelhui­sies, fyngedruk 60 ml (¼ k) appelasyn 15 ml (1 e) suiker ’n hand vol vars pietersiel­ie 1 kg baba-aartappels, gekook en gehalveer Voorverhit die oond tot 170 °C.

1 Vark Geur die vark aan die vleiskant met die sout en peper en smeer met die mosterd. 2 Pak die ui, appels, kopkool, lourierbla­re en tiemie in ’n diep oondbak. Plaas die vark met die vleiskant na onder bo-op die groentemen­gsel. Giet die bier en aftreksel in

die bak. Sprinkel die growwe sout bo-oor die vel en rooster 1 uur 30 min. 3 Verhoog die temperatuu­r tot 230 °C en rooster nog 15 min. of tot die vel goudbruin is. 4 Laat die vleis 10 min. rus en sny dan in dik skywe.

5 Aartappels­laai Verhit die olie in ’n pan en braai die spek tot bros. Voeg die knoffel by en braai 1 min. Haal die pan van die hitte af en voeg die asyn en suiker by. Meng goed. 6 Meng die pietersiel­ie en aartappels liggies en giet die sous oor. Meng en geur met ’n bietjie sout indien nodig. Sit die slaai voor saam met die vark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa