Huisgenoot

DUITSE VRUGTETERT

-

Tradisione­el word pruime vir dié tert gebruik, maar enige ander sagte vrugte of selfs geblikte vrugte kan ook gebruik word. Ons maak die tert met appelkose. LEWER 1 GROOT TERT Bereiding: 30 min. Gaarmaak: 40-45 min. KRUMMEL 125 ml (½ k) koekmeel

60 ml (¼ k) wit- of ligte bruinsuike­r

2,5 ml (½ t) fyn kaneel

80 g koue botter, in blokkies gesny TERT

100 g botter

125 ml (½ k) suiker

2 eiers, geklits

5 ml (1 t) vanieljege­ursel fyn gerasperde skil van

1 suurlemoen, en

30 ml (2 e) van die sap

250 ml (1 k) koekmeel

5 ml (1 t) bakpoeier ’n knippie sout

750 g appelkose, ontpit en in skyfies gesny

VIR AFRONDING

Geklopte room (opsioneel) Voorverhit die oond tot 170 °C. Bespuit ’n tertpan van 23 cm goed met kossproei.

1 Krummel Meng die meel, suiker en kaneel in ’n mengbak. Vryf die botter in en meng tot ’n deeg vorm. Voeg ’n klein bietjie kookwater by as die deeg te droog is. Bedek met kleefplast­iek en verkoel in die yskas tot nodig.

2 Tert Klop die botter en suiker saam in die bak van ’n staanmenge­r. Voeg die eiers, vanielje en suurlemoen­sap by en klits goed. Voeg die res van die bestanddel­e buiten die appelkose by en klits tot ’n gladde beslag. Smeer die beslag in die tertbak en pak die appelkose styf teen mekaar bo-op die beslag. Rasper die krummel oor die tert en bak 40-45 min. of tot goudbruin en gaar.

3 Vir afronding Sit warm of koud voor saam met geklopte room indien verkies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa