Huisgenoot

KAMMA-SAUERKRAUT­SLAAI MET SPEK

-

Tradisione­le sauerkraut (suurkool) word gefermente­er. Dié weergawe is wel nou nie tradisione­el nie, maar saam met brosgebraa­ide spek is dit uitsonderl­ik. GENOEG VIR 4-6 MENSE Bereiding: 10 min. Gaarmaak: 15-20 min. 15 ml (1 e) botter

30 ml (2 e) olie

200 g spekrepies

2 uie, in skyfies gesny

1 klein kopkool of

½ groot kopkool, gesnipper

80 ml ( k) witwynasyn

15 ml (1 e) witsuiker

2,5 ml (½ t) sout

2,5 ml (½ t) witpeper

VIR VOORSIT

’n hand vol pietersiel­ie, gekap (opsioneel) ’n paar rou koolblare suurlemoen­wiggies 1 Verhit die botter en olie in ’n kastrol en braai die spek tot bros. Skep die spek uit en kap die helfte daarvan rofweg op. Hou die orige spekrepies vir garnering. Skep die gekapte spek weer terug in die kastrol. 2 Voeg die uie by die spek in die kastrol en braai 5 min. stadig. 3 Voeg die kool by en roerbraai 10 min. of tot effens verwelk. Giet die asyn oor en meng goed deur. 4 Geur die kool met die res van die bestanddel­e en roerbraai nog 5 min.

5 Vir voorsit Meng die pietersiel­ie deur indien verkies. Pak die koolblare rofweg om die kante van ’n bak en skep die kammasauer­kraut in die middel. Garneer met die orige spekrepies en sit voor saam met die suurlemoen­wiggies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa