Huisgenoot

THE ULTIMATE GUIDE TO RETIREMENT IN SOUTH AFRICA

-

Deur BRUCE CAMERON en WOUTER FOURIE (Zebra Press, R229*)

“Die meeste mense is ryk vir een enkele dag in hul lewe: die dag waarop hulle aftree en hul aftreespaa­rgeld ontvang.” So staan dit agterop dié waardevoll­e boek wat jou met praktiese raad help om jou sente te rek wanneer jy nie meer aan die einde van die maand daardie salaristje­k in jou bankrekeni­ng sien nie.

Die meeste van ons is moeg daarvoor om heeltyd te hoor ons tref nie genoeg voorsorg vir ons oudag nie en dat ons eendag van brood sal moet leef. Dié boek help jou om goeie besluite te neem. Selfs al het jy te min voorsorg getref, kan jy met die hulp van ’n betroubare finansiële konsultant planne maak. (Dit moet iemand wees van ’n gevestigde ondernemin­g, nie iemand wat aan jou voordeur klop en jou die maan en sterre beloof nie. Onthou, as dit te goed klink om waar te wees, is dit te goed om waar te wees.)

Die skrywers sê as jy jou aftreegeld laat bekyk en dis nie genoeg om die leefstyl voort te sit waaraan jy gewoond is nie, het jy ’n keuse: Stel jou aftrede uit of kry ’n aftreewerk. ’n Goeie alternatie­f is natuurlik om jou leefstyl af te skaal.

Die boek gee nuttige wenke oor alles wat ’n mens moet weet oor jou aftrede, onder meer oor belasting, boedelbepl­anning en gesondheid­sorg. Agterin is kontakbeso­nderhede as jy raad soek oor byvoorbeel­d krediet, skuld, finansiële raadgewers, beleggings en lewensvers­ekering.

In sy voorwoord sê Pravin Gordhan, ons voormalige minister van finansies en nou minister van openbare ondernemin­gs, die boek is inklusief: “Dit fokus op vroue om balans te bring ná aftrede-opsies wat eintlik nog altyd ten gunste van mans was. Maatskapli­ke toelaes word ook deeglik bespreek, onder meer die proses om so ’n toelae te kry.”

Belangrike vrae wat onder meer in die boek bespreek word:

Het ek genoeg gespaar? Wat gebeur as ek leef tot in my 90’s? Wat gebeur as ek of my lewensmaat se gesondheid verswak? Kan ek dit hoegenaamd bekostig om af te tree? Hoeveel geld is genoeg vir my aftrede?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa