Huisgenoot

HUISGENOTJ­IES

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, -kode en rekeningno­mmer).

GEVAAR OP DIE PAD

Twee ou tantes ry in ’n motor wat so groot is, hulle kan skaars deur die voorruit sien. Toe hulle ’n rooi verkeersli­g aantref, jaag die tante wat bestuur verder sonder om stil te hou.

Die ander tante dink half onseker: “Ek raak seker nou oud, maar ek kon sweer daardie lig was rooi.”

Ná ’n paar minute tref hulle nog ’n verkeersli­g aan en die lig is weer rooi. Die bestuurder hou weer nie stil nie. Dié slag raak die tante in die passasiers­itplek benoud en besluit sy sal mooi oplet wat gebeur wanneer hulle by die volgende verkeersli­g kom.

Toe die tante wat bestuur by die volgende rooi lig weer voet in die hoek sit, kan die passasier nie langer stilbly nie.

“Ons het nou al deur drie rooi ligte gejaag,” raas sy. “Jy gaan nog ons dood veroorsaak!”

Die bestuurder draai na haar en sê in ’n bewerige stem: “O gaats, jong, bestuur ek?” HENDRI SCHUTTE

MA SE KOS

In die restaurant: Klant: “Ek dog die etes hier is veronderst­el om te wees soos mamma dit gemaak het?” Kelner: “Dit is. Maar sy kon ook nie kook nie.” LITA SCHOON

WIE’S KONING?

’n Leeu word een oggend baie befoeterd wakker. Hy kry ’n apie beet en brul: “Wie is die magtigste van al die diere in die bos?” Die apie sê benoud: “U is, koning leeu.” Die volgende dier wat die leeu voorkeer, is ’n buffel. Weer brul die leeu: “Wie is die magtigste van al die diere in die bos?”

“U is, koning leeu!” antwoord die vreesbevan­ge buffel.

Vol van homself konfrontee­r die leeu ’n olifant en brul: “Wie is die magtigste dier in die bos?”

Die olifant gryp die leeu met sy slurp en slinger hom teen ’n boom vas. Daarna trap hy ’n paar keer op die leeu voor hy wegstap.

Moeisaam lig die leeu sy kop en skree agter die olifant aan: “Jy hoef nie so omgekrap te raak net omdat jy nie die antwoord ken nie!” LOUISE NOETH

JAAGDUIWEL

’n Vrou ry te vinnig en ’n verkeersbe­ampte keer haar voor. Toe hy haar ’n boetekaart­jie gee, vra sy: “Hoekom kry ek elke keer ’n boete en die ander mense word net gewaarsku? Is dit my gesig?”

“Nee,” antwoord die beampte, “dis jou voet.” J. BENADE, BELA-BELA

IDEALE MAAT

Koos soek ’n vrou. Hy besluit om ’n rekenaaraf­spraak met ’n nooi te maak.

Hy stel toe die volgende vereiste vir die vrou van sy drome: Sy moet kort en aantreklik wees, van watersport hou, seekos eet en groepsbedr­ywighede geniet.

Die rekenaar het die inligting so ’n bietjie gesif en geskommel en toe kom die antwoord: “Trou met ’n pikkewyn.” LEON KRUGER

LANG DIENS

Piet vertel sy onderwyser dat sy pa ’n goue horlosie by sy werkgewer gekry het as beloning vir 25 jaar se diens. “Hoe oud is jou pa nou?” vra die onderwyser. “Hy het verlede Sondag 37 geword,” sê Piet. “Hoe is dit dan moontlik dat hy al 25 jaar lank werk?” vra die onderwyser verbaas.

“Dis al die oortyd, meneer.” AREND KIRKMAN, ALBERTON

UITGESLAPE TROEP

Sersant: “Troep, waar was jy vanoggend tydens die kamoefleer­klas? Ek het jou nêrens gesien nie.”

Troep: “Dankie, sersant.” F.H. HORNE, HARTENBOS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa