Huisgenoot

Justin en Hailey is verloof

- BRONNE: CNN.COM, TMZ.COM

Justin Bieber het Hailey Baldwin die gro groot vraag gevra . . . en sy’t ja gesê! Twee ooggetuies wat beweer hulle het die groot oomblik aanskou, het aan TMZ vertel wat by ’n oord in die Bahamas gebeur het. Mense binne die restaurant het gedans toe Justin se veiligheid­span almal vra om hul fone weg te sit.

Nadat berigte opgeduik het – en Justin (24) se ouers kriptiese twiets gedeel het – het Hailey (21) se pa, die akteur Stephen Baldwin, die vlamme verder gestook met ’n twiet waarin hy Justin se ouers bygehaak en gelukgewen­s het. “Kom ons bid almal dat sy wil sal geskied. Baie lief vir julle twee,” het die twiet gelui wat kort daarna uitgevee is.

Die paartjie, wat in 2016 saam was voor hul paadjies geskei het, is onafskeidb­aar sedert hulle ’n maand gelede versoen het. Hoewel aanhangers geskok is dat die twee, wat tot onlangs romanties verbind is met onderskeid­elik Selena Gomez (25) en Shawn Mendes (19), op trou staan, het Justin al jare gelede geskimp hieroor.

Hy het in Februarie 2016 aan GQ gesê hy is versigtig om nie dinge met Hailey te verhaas nie ingeval sy die een is. “Wat as Hailey die meisie is met wie ek gaan trou? As ek my nou haastig in iets begeef of as ek haar seermaak, gaan dit vir altyd bederf wees,” het hy gesê. “Dis baie moeilik om sulke wonde te genees. Dis baie moeilik. Ek wil haar nie seermaak nie.”

 ??  ?? Hailey se ma en pa, Kennya & Stephen Baldwin Gaanhulle kanseltoe?
Hailey se ma en pa, Kennya & Stephen Baldwin Gaanhulle kanseltoe?
 ??  ?? Die ring
Die ring
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa