Huisgenoot

DIE OOG WAT ALS VAN ELDERS DOPHOU

-

Dit is een van die jongste tegnologie­se innovasies wat op die sokkerveld ingespan word, maar video-assistents­keidsregte­rs (VAS) laat baie ondersteun­ers koud.

Beamptes wat volledig uitgerus is asof hulle plaasverva­ngerskeids­regters is, kyk elke wedstryd vanaf ’n plek (nie die stadion nie) in die gasheerlan­d. Hulle het toegang tot al 33 kameras in die stadion en kan elke beweging op die veld vaslê en in stadige aksie terugspeel.

Dié stelsel, wat in Rusland vir die eerste keer in ’n internasio­nale toernooi gebruik word, is veronderst­el om net as raadgewend beskou te word. Om so min moontlik ontwrigtin­g te veroorsaak, word dit net geraadplee­g wanneer die beamptes ’n “duidelike en ooglopende fout” in ’n uitspraak oor doele, strafskopp­e of rooi kaarte gemaak of die verkeerde speler afgestuur het.

Volgens Pierluigi Collina, voorsitter van die skeidsregt­erskomitee, het ’n hersiening van beeldmater­iaal ná wedstryde getoon skeidsregt­ers het 95% van voorvalle reg beoordeel, maar met VAS het hul akkuraathe­id tot 99,3% verbeter.

Maar almal is nie ewe erg daaroor nie. As dit nie vir VAS was nie, is Duitsland dalk nooit uitgeskake­l nie. Duitse aanhangers was verlig toe Kim Young-gwon se doelskop as ver onkant beoordeel is, maar VAS het getoon die bal het van Toni Kroos se bene af gekom. Die doel is aan Suid-Korea toegeken en daarmee is Duitsland se Wêreldbeke­rdroom verpletter.

Maar in ’n vroeëre wedstryd tussen Engeland en Tunisië was aanhangers dronkgesla­an toe die skeidsregt­er én VAS blykbaar twee ernstige oortreding­s miskyk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa