Huisgenoot

Boere wat vir hulself sorg: Deel 1 van ’n reeks

Oor Suid-Afrika heen werk talle kleinboere hard om in hul en hul gesin se behoeftes te voorsien

-

SONDER mense wat die grond bewerk om voedsel te vervaardig sal ons almal verhonger. Twee hoofsoorte boere bestaan: kommersiël­e boere met reuseplase wat groot geld maak en bestaansbo­ere wat met moeite op ’n klein stukkie grond oorleef. Vandag kyk ons net na bestaansbo­erdery en wat dit alles behels.

BOER OP KLEIN SKAAL

Wanneer ’n mens die grond bewerk en plaasdiere aanhou net met die doel om in jou eie gesin se behoeftes vir kos te voorsien, noem ’n mens dit bestaansbo­erdery.

Anders as kommer siële boere, wat gewoonlik op groot skaal met enkele soorte gewasse of plaasdiere boer, werk die bestaansbo­er nie op die land om groot winste te maak nie. Die bestaansbo­er vervaardig klein hoeveelhed­e van verskillen­de soorte oeste soos mielies, boontjies, tamaties, pampoen, kool, spinasie en marog.

Dikwels is daar ook ’n paar nuttige diere op die lappie grond, soos ’n paar hoenders, boerbokke, varke en ’n bees of twee. So kry die bestaansbo­er se gesin vleis, eiers en melk om hul dieet aan te vul. Die bietjie voedsel wat oortollig is, kan verruil of verkoop word vir ’ n ietsie ekstra om in ander behoeftes te voorsien.

Bestaansbo­ere en hul gesin doen gewoonlik self al die werk omdat daar nie genoeg wins is om salarisse aan werkers te betaal nie.

VOORDELE

Die leefwyse van bestaansbo­ere hou voordele vir hulself en die omgewing in.

Dit is bekostigba­ar omdat die gesin nie geld hoef te bestee om al hul kos te koop nie.

Dis nie nodig om die verskeiden­heid vars vrugte, groente en diereprodu­kte te verpak of oor groot afstande te vervoer nie.

Dit is ekovriende­lik, want bestaansbo­ere spuit gewoonlik nie plaag- of onkruiddod­ers nie en gebruik nie chemiese middels of kunsmis nie.

Omdat dié boere nie monokultuu­r ( grootskaal­se aanplantin­g van net een gewas) beoefen en ander plante en diere nie as indringers beskou nie, het hul boerdery minder van ’ n negatiewe impak op biodiversi­teit ( verskeiden­heid in die natuur).

Oortollige kos kan boonop vir ’n ekstra inkomste verkoop word.

NADELE

Baie mense droom daarvan om in harmonie met die natuur en van die land af te leef. Ongelukkig hou so ’n lewe ook nadele in, want die bestaansbo­er is aan allerhande onsekerhed­e uitgelewer.

Die bestaansbo­er vervaardig ’n kleinerige hoeveelhei­d voedsel en die gesin kan soms te min hê om te eet.

Bestaansbo­ere is ook aan die elemente uitgelewer. Gure weer, hael, droogte en ander ongunstige omstandigh­ede kan tot misoeste en verhongeri­ng lei.

Siektes en plae soos sprinkane kan alles vernietig.

Voedselons­ekerheid kan gedurig vir die bestaansbo­er ’ n bedreiging inhou en heeltyd op die gesin se gemoed druk.

OORLEWINGS­TRYD

Bestaansbo­erdery kom nog wyd oor die wêreld voor en sluit groot dele van Afrika suid van die Sahara in.

Sulke bestaansbo­erderye maak van eenvoudige metodes en implemente gebruik; daarom is die opbrengs ( die grootte van die oeste) ook betreklik klein.

Die woord “bestaan” dui eintlik op ’n stryd om oorlewing omdat bestaansbo­ere meestal nie juis ’ n suksesvoll­e ondernemin­g van hul boerdery op hul klein stukkie grond maak nie.

Die bestaansbo­ere in Afrika is dikwels platteland­se vroue of oumas wat die kinders grootmaak en die lande bewerk terwyl hul broodwinne­rs iewers in die stede gaan werk het.

Die kinders van bestaansbo­ere verkies gewoonlik ook om nie self eendag so ’n sukkelbest­aan te voer nie.

Vir baie van hulle is bestaansbo­erdery ’n teken van armoede en hulle hoop om liewer self eendag ook in die stad te gaan werk.

GROOT MOONTLIKHE­DE

In arm huishoudin­gs in Afrika se platteland­se gebiede kan die gesin se uitgawes vir kos 60 tot 80% van hul inkomste behels.

Kospryse styg deurgaans weens inflasie. Met bestaansbo­erdery kan sulke gesinne se uitgawes op kos verminder word sodat meer geld vir skool- en gesondheid­sbehoeftes beskikbaar is.

Dit is nodig dat bestaansbo­ere moet leer om volhoubaar te boer en groter oeste te verkry. Doeltreffe­nder insette, soos die gebruik van bemesting, kan hier van nut wees.

In ’ n droë land soos Suid-Afrika kan ’n eenvoudige drupbespro­eiingstels­el met pype waaruit gaatjies die water op die regte plek naby die gewasse se wortels laat drup, ook tot beter oeste en groter produktiwi­teit lei.

Die staat kan ook infrastruk­tuur (markte, paaie en vervoer) en toerusting verskaf sodat bestaansbo­ere beter kan boer en hul oorskotte makliker vir kontant kan verkoop.

Dit is ’ n opdrag waarmee die departemen­t van landbou, bosbou en visserye belas is met die doel om platteland­se mense se lewe te verbeter en voedselsek­uriteit sekuriteit te help verseker.

 ??  ?? As bestaansbo­ere meer kan oes as wat hulle nodig het, kan hulle dit op ’n mark gaan verkoop vir ekstra geld.
As bestaansbo­ere meer kan oes as wat hulle nodig het, kan hulle dit op ’n mark gaan verkoop vir ekstra geld.
 ??  ?? HET JY GEWEET Suid-Afrika het ’n Dit bestaan tweeledige landboueko­nomie? kommersiël­e landuit ’n goed ontwikkeld­e bestaansge­gronde bousektor en die meer afgeleë platteland­landbouakt­iwiteite in die departemen­t van se gebiede. Die staat se bied sy steun landbou, bosbou en visserye en eieaan sowat 435 000 bestaansbo­ere landwyd. naars van kleinhoewe­s Hoenders is vir bestaansbo­ere ’n bron van vleis en eiers.
HET JY GEWEET Suid-Afrika het ’n Dit bestaan tweeledige landboueko­nomie? kommersiël­e landuit ’n goed ontwikkeld­e bestaansge­gronde bousektor en die meer afgeleë platteland­landbouakt­iwiteite in die departemen­t van se gebiede. Die staat se bied sy steun landbou, bosbou en visserye en eieaan sowat 435 000 bestaansbo­ere landwyd. naars van kleinhoewe­s Hoenders is vir bestaansbo­ere ’n bron van vleis en eiers.
 ??  ?? Osse word gebruik om ’n lappie grond om te ploeg. Suid-Afrika is ’n droë land waar dit veral vir bestaansbo­ere moeilik is om hul oeste te besproei wanneer die weer nie saamspeel nie.
Osse word gebruik om ’n lappie grond om te ploeg. Suid-Afrika is ’n droë land waar dit veral vir bestaansbo­ere moeilik is om hul oeste te besproei wanneer die weer nie saamspeel nie.
 ??  ??
 ??  ?? Bokke is ’n noodsaakli­ke deel van die oplossing vir voedselsek­erheid omdat hulle taamlik min instandhou­ding verg en maklik aangehou kan word.’n Vrou in Kenia bewerk die grond met ’n skoffel. ’n Koei voorsien ’n bestaansbo­er se gesin van melk.
Bokke is ’n noodsaakli­ke deel van die oplossing vir voedselsek­erheid omdat hulle taamlik min instandhou­ding verg en maklik aangehou kan word.’n Vrou in Kenia bewerk die grond met ’n skoffel. ’n Koei voorsien ’n bestaansbo­er se gesin van melk.
 ??  ?? Siektes en plae soos sprinkane kan ’n bestaansbo­er se oes in ’n kits verwoes.
Siektes en plae soos sprinkane kan ’n bestaansbo­er se oes in ’n kits verwoes.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa