Huisgenoot

Liewe Elize

-

V My dogter se eksman het Australië toe getrek. Ons weet waar hy werk. Hy betaal geen onderhoud vir sy twee kinders nie. Sy kry swaar en het nie geld vir ’n prokureur nie. Het jy raad oor wie ons sal kan help? MC, SMS A ’n Mens kan beslis ’n onderhoudo­ntduiker vasvat wat spore gemaak het buiteland toe. Die prosedure daarvoor word in Die Wedersydse Toepassing van Onderhoudb­evele (lande in Afrika) Wet 6 van 1989 en in Wet 80 van 1963 beskryf. Die laasgenoem­de wet maak voorsienin­g vir ooreenkoms­te met lande soos Australië.

Die eerste stap is jou dogter moet na die onderhouds­beampte by haar plaaslike landdrosho­f gaan en ’n ondersoek teen haar eks aanvra. Omdat hy buite ons landsgrens­e woon, kan so ’n ondersoek in sy afwesighei­d gedoen word. Die hof kan dan ’n voorlopige besoldigin­gs- bevel uitreik; dit beteken die mens wat vir onderhoud gedagvaar word, se werkgewer moet elke maand die bedrag vir onderhoud van sy salaris aftrek en aan die ander ouer betaal.

’n Afskrif van dié bevel word saam met die nodige dokumente deur die diplomatie­ke kanale aangestuur na die onderhouds­hof in die gebied waar jou gewese skoonseun nou woon.

Daardie hof sal op sy beurt ondersoek instel. Daarna sal die landdrosho­f daar die voorlopige bevel van die Suid-Afrikaanse hof hopelik bekragtig. Die besoldigin­gsbevel wat hier uitgereik is, kan dan geregistre­er word by die hofkantoor in die gebied waar jou gewese skoonseun nou werk.

’n Ander opsie is dat jou dogter haar gewese man se ouers hier in Suid-Afrika vir onderhoud dagvaar. Ook hiermee sal die onderhouds­beampte haar kan help.

Gaan na die departemen­t van justisie se webtuiste by justice.gov.za vir meer inligting hieroor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa