Huisgenoot

DOEN DIT SELF

Hier’s die ideale geskenk vir ’n jong meisie wat die eerste keer op haar eie gaan woon. Dit is die basiese gereedskap wat ’n mens nodig het vir DDS-takies

- Deur KIM BOUGAARDT Foto: MISHA JORDAAN

Basiese toerusting vir selfdoen42 selfdoen

1 Winkelhaak R55, Timbercity Dit is nuttig wanneer jy hout uitmerk vir saag en word gebruik om hoeke van 90° af te meet.

2 Maatband R21,73, Osman’s Of jy mate neem vir gordyne of rame hang, ’n intrekbare maatband is onontbeerl­ik.

3 Waterpas (300 mm) R39,99, Pick n Pay Maak seker die rakkie wat jy in die badkamer opsit, is nie skeef nie.

4 Knyptang R60,96, Build It Met ’n langbekkny­ptang kan ’n mens die omhulsel van die drade afstroop wanneer jy ’n kragprop aansit.

5 Potlode R11,50 (vir 12), Osman’s Kry potlode wat donker skryf om te merk waar jy wil kap, saag of boor.

6 Klouhamer R49,94, Build It Kies ’n hamer wat gemaklik in jou hand voel, maar swaar genoeg is vir basiese tuisherste­lwerk.

7 Bosch 46-stuk boorpunt-enskroewed­raaierstel R299, Makro

’n Magnetiese skroewedra­aierstel het omruilbare koppe om by verskillen­de take te pas.

8 Nutsmes R23,04, Osman’s Sny plastiek of harde karton met netjiese, skoon rande en skraap gom met dié mes af.

9 Ryobi- 18V-boor R599, Makro Die boor is lig, het genoeg krag vir die meeste tuisprojek­te en is ideaal vir ’n beginner.

10 Handsaag R69, Timbercity Die saag is perfek vir klein takies, soos takke snoei of om hout vir ’n tuisprojek te saag.

11 Verstelbar­e moersleute­l deur Pride R69,56, Osman’s Dit word gebruik om moere en boute mee vas te draai, soos wanneer ’n mens byvoorbeel­d ’n lekkende kraan moet regmaak.

12 Sesstuk- skroewedra­aierstel, R109, Pick n Pay Jy sal skroewedra­aiers in verskillen­de vorms en groottes nodig hê; koop dus ’n verskeiden­heid daarvan.

13 Koplamp R30,43, Osman’s ’n Koplamp kom nuttig te pas wanneer jy in swak lig moet werk. ’n Flits werk ook goed, maar ’n koplamp sal jou hande vry hou sodat jy die werk kan doen .

 ??  ?? KRY DIT HIER: BUILD IT 031-719-1759 BUILDIT.CO.ZA; MAKRO 0860-300-999 MAKRO.CO.ZA; OSMAN’S 031-368-6777 INFO@OSMANS.CO.ZA; PICK N PAY 0800-11-22-88 PNP.CO.ZA; TIMBERCITY 021-927-5000 TIMBERCITY.CO.ZA HOEWEL ONS ALLES IN ONS VERMOË DOEN OM KORREKTE PRYSE TE VERSKAF, KAN FOUTE VOORKOM WAARVOOR HUISGENOOT EN DIE VERSKAFFER­S NIE VERANTWOOR­DELIK GEHOU KAN WORD NIE.
KRY DIT HIER: BUILD IT 031-719-1759 BUILDIT.CO.ZA; MAKRO 0860-300-999 MAKRO.CO.ZA; OSMAN’S 031-368-6777 INFO@OSMANS.CO.ZA; PICK N PAY 0800-11-22-88 PNP.CO.ZA; TIMBERCITY 021-927-5000 TIMBERCITY.CO.ZA HOEWEL ONS ALLES IN ONS VERMOË DOEN OM KORREKTE PRYSE TE VERSKAF, KAN FOUTE VOORKOM WAARVOOR HUISGENOOT EN DIE VERSKAFFER­S NIE VERANTWOOR­DELIK GEHOU KAN WORD NIE.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa