Huisgenoot

Mali-gyselaar Stephen nuwe sikspens

Die Mali-gyselaar Stephen McGown lyk ná ’n jaar soos ’n nuwe sikspens en het weer by die gewone lewe aangepas

- Deur JANA VAN DER MERWE Foto’s: PAPI MORAKE

HY LYK allermins soos die man wat ’n jaar gelede in die nuus was nadat ’n Al- Kaïda- terreursel in die woestyn in Mali hom eindelik ná byna ses jaar in aanhouding vrygelaat het. Weg is die lang po- p niestert en welige baard. ’n Mens kan maklik op straat verby hom stap sonder er om hom te herken. Maar Stephen Mc- - Gown (43) gee ook nie om as mense e hom wel herken nie. “En noudat ek k skoner en gesonder lyk, behandel mense my meer gewoon.”

Vandag is dié Johannesbu­rger, wie se motorfiets­avontuur deur Afrika na sy ontvoering en dreigement­e van onthoofdin­g gelei het, uiterlik ’n heel ander mens as toe Huisgenoot laas met hom gepraat het. Sy hare is netjies kort en sy gesig skoon geskeer. Sy uitgeteerd­e lyf van destyds lyk weer fiks en gesond. Net die sielvolle bruin oë is nog dieselfde.

Wanneer ’ n mens met dié eertydse Londense beleggings­bankier en sy spraaktera­peut-vrou, Catherine (40), gesels, kom jy gou agter hy het nie net uiterlik verander nie. Maar dit was g’n maklike reis nie. “Die dag met my tuiskoms (in SuidAfrika) het ek gedink ek het alles onder beheer. Maar teen Januarie vanjaar het ek besef hoe buite beheer alles was.

“Ek het kwaai nagmerries gekry. Ek het gedroom die terroriste kom om my terug woestyn toe te vat of dat my familie vir my sê dit (sy vrylating) was ’n groot fout; ek moet terug,” vertel Stephen.

In die jaar sedert sy terugkeer uit aanhouding in die Saharawoes­tyn het Stephen en Catherine, wat vanjaar al 11 jaar getroud is, vir hulle ’n nuwe tuiste in Randburg geskep.

In die tuin is die blombeddin­gs wat Stephen aangelê het. Hul nuwe hond, Rocket, hardloop vrolik in die agterplaas rond.

Dit het ’n jaar gekos om sy lewe weer op koers te kry, erken Stephen.

“Dit was soos om as ’n heel nuwe mens terug te kom. Ek moes my bankrekeni­ngs weer oopmaak en nuwe wagwoorde kry. Hulle het my gevra wat my telefoonno­mmer is en ek het geantwoord: ‘Julle het seker my ou telefoonno­mmer, maar ek het nie meer ’n idee wat dit is nie.’ En hulle het gelag.”

Maar vandag kan sy bruin oë, steeds sensitief vir lig weens die skade van die vurige woestynson, darem saam lag.

SY MA, Beverley, het sy banksake in Suid-Afrika hanteer terwyl hy byna ses jaar lank ’n gyselaar was. Maar twee maande voor sy vrylating is sy aan ’n longsiekte dood. Om sy banksake daarna uit te pluis was vir Stephen besonder moeilik. Hy is immers in ’n oogwink uit die samelewing weggeraap nadat hy op 25 November 2011 buite ’n herberg in Timboektoe, Mali, ontvoer is.

Hy was vyf jaar en agt maande lank van alles en almal afgesny – van die ganse buitewêrel­d.

“Gewone gevangenes het nog toegang tot televisie, hulle het nog boeke en kan algemene gesprekke voer. Vir my was dit soos om in ’n grot te wees. Ek het niks gehad nie. Ek moes kommunikee­r met

mense wat dink die aarde is plat,” sê hy.

Vir die grootste deel van sy gevangensk­ap moes hy saam met die terreurgro­ep in die woestyn rondswerf omdat hulle gevrees het hulle opgespoor kon word. Al wat hy kon lees, was die Koran. Verder het hy trekvoëls dopgehou wat suid migreer en gedroom hy is een van hulle.

Maar tog is hy nie bitter oor die jare wat uit sy lewe gesteel is nie.

“Die grootste uitdaging sedert my vrylating was om ’n nuwe lewe te skep. ’n Nuwe identiteit. Ek bedoel, al my stories vir ses jaar was woestynsto­ries. Ek kon met jou praat oor hoe om ’n hut te bou, ’n kameel te ry en ’n put te grawe.

“Maar ek kon nie die jongste slimfoon of die spoed van my internet bespreek nie. Ek het van al daardie dinge vergeet. Dit was oorweldige­nd.”

Die lang baard het hy in September verlede jaar afgeskeer. “Die baard het my soos ’n mishandeld­e mens laat voel. Om dit af te skeer het my skoner laat voel, asof ek myself met ’n borsel skoongeskr­op het.”

Tyd het genesing gebring. “Ek het tyd nodig gehad om weer mens te word. Mense het gevra wat ek vir ’n lewe doen. Dan wou ek antwoord ek het nie regtig meer ’n identiteit nie. Maar vandag kan ek sê ek ry fiets, hardloop, roei en reis gereeld vir sake.”

Vir Catherine het die afgelope jaar ook uitdagings gebring.

“Vir my was Steve steeds die man met wie ek getrou het. Maar in sommige opsigte was die aanpassing ook vir my moeilik. Ek het oor die jare onafhankli­k geword. Dit het gevoel asof my lewe goed georganise­erd is, maar toe Steve terugkom, was alles weer deurmekaar. Dit was nie maklik nie.”

Stephen skerts: “Ja, sy het ’n swak kommunikee­rder geword.” Hy vertel hulle het sedert sy terugkeer dikwels vasgesit omdat sy dinge reël sonder om met hom daaroor te praat.

“Dis waar,” gee Catherine toe. “Die laaste ses jaar het ek al die besluite geneem. Ek moes van voor af fl leer om met th hom te t konsulteer.”

En dit was moeilik om ná ses jaar apart weer hul roetine te koördineer. Catherine was byvoorbeel­d gewoond daaraan om soggens vroeg te gaan draf. Vir Stephen het sy dag in die woestyn met meditasie begin.

Catherine vertel: “Ek het deur die hele beproewing oor die jare vir berading gegaan. Toe Stephen terugkom, het my sielkundig­e aanbeveel ek hou my roetine soos dit is sodat ek so stabiel moontlik vir Steve kan wees. Sy het my tydens ons sessies gevra of ek nog hardloop. Wanneer ek nee gesê het, het sy vir my gesê ek móét hardloop.”

Ná Stephen se vrylating het hulle aanvanklik lang ente in die woonbuurt gaan stap en oor die kreukels in hul verhouding gepraat en hoe om dit uit te stryk.

Ironies was een van die groot aanpassing­s vir Stephen om weer op ’n bed saam met sy vrou te slaap. Nadat hy ses jaar lank op ’n matjie op die grond geslaap het, ervaar hy nou rugproblem­e.

“Ek k kon dit verstaan; t ek k was verbaas b hy h het nie meer dikwels op die slaapkamer­vloer geslaap nie,” sê Catherine.

Dan voeg Stephen filosofies by: “Ek dink dit het daaroor gegaan om mekaar te verstaan. Ons moes leer om nie mekaar se roetine uit te daag nie, maar om dit te aanvaar.”

STEPHEN het die bankwese intussen vaarwel toegeroep. Hy bedryf nou saam met sy pa, Malcolm, ’n jojobaneut­boerdery op hul plaas, Algerynskr­aal, sowat 15 km op Roete 62 buite die Karoodorpi­e Ladismith in die Wes-Kaap. Hy is opgewonde oor die gastehuis en restaurant wat hulle nou hier op die been bring. Hy lewer deesdae ook motivering­spraatjies by korporatie­we geleenthed­e. Daardeur wil hy beheer neem oor sy situasie deur leiding te gee aan ander eerder as om net by almal rondom hom aan te pas, verduideli­k hy. “Sedert ek dit doen, is ek nie meer so streng met myself nie.”

Weens sy spartaanse omstandigh­ede in die woestyn het sy lewensuitk­yk ook verander. “Wanneer jy min het, leer dit jou om dankbaar te wees – soos vir ’n dak oor jou kop, ’n koppie koffie, ’n kombers saans,” vertel hy.

“In die bankwese het ek ’n goeie salaris verdien; ek was traak-my-nie-agtig oor geld. Om alles as vanselfspr­ekend te aanvaar maak jou eintlik net dood. Jy leef nie regtig nie. Om dankbaar te wees verryk jou lewe.”

God is aktief in sy lewe, benadruk hy. “Ek voel in my wese, in my siel, in my gees Hy wil die beste vir my hê.”

Sy dae van reis deur gevaarlike wêrelddele is verby. Hy en Catherine fokus nou daarop om hul huis ’n veilige hawe te maak, een waar hopelik eendag die skaterlag van kinders sal wees.

 ??  ?? Dit is ’n jaar sedert Stephen McGown, wat in Mali as gyselaar aangehou is, in Johannesbu­rg met sy vrou, Catherine, herenig is. Hier is hulle en hul hond, Rocket.
Dit is ’n jaar sedert Stephen McGown, wat in Mali as gyselaar aangehou is, in Johannesbu­rg met sy vrou, Catherine, herenig is. Hier is hulle en hul hond, Rocket.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Stephen word deur sy vrou gesteun terwyl hy die media in die dae ná sy vrylating toespreek. NAASLINKS: Hy en sy medegysela­ar die Sweed Johan Gustafsson, wat kort voor hom vrygelaat is. GALLO IMAGES/AFP GALLO IMAGES/ALET PRETORIUS
LINKS: Stephen word deur sy vrou gesteun terwyl hy die media in die dae ná sy vrylating toespreek. NAASLINKS: Hy en sy medegysela­ar die Sweed Johan Gustafsson, wat kort voor hom vrygelaat is. GALLO IMAGES/AFP GALLO IMAGES/ALET PRETORIUS
 ??  ?? Stephen vertel hy ry deesdae fiets, reis gereeld vir sake en lewer motivering­spraatjies. Hy is dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe, sê hy.
Stephen vertel hy ry deesdae fiets, reis gereeld vir sake en lewer motivering­spraatjies. Hy is dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe, sê hy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa