Huisgenoot

Marita en boer Johan los mekaar

Marilyn het boer Johan se nuwe liefde vertel ‘wie en wat hy werklik is’, maar hulle het steeds uitgegaan. Nou is Marita weer, nes sy, enkellopen­d

- Deur MARIZKA COETZER

SY HET in ’n restaurant op haar skootreken­aar sit en werk toe haar selfoon lui. Maar toe sy die naam op die skermpie sien, wou sy eers nie antwoord nie.

Die beller was immers die 56- jarige Marita Schoombie, die eerste van die drie vroue wat die omstrede boer Johan van Boer Soek ’n Vrou-faam gevra het om sy plaas op Carolina, Mpumalanga, te verlaat.

Sy wat Marilyn van Droogenbro­eck is, het ná die laaste seisoen van kykNET se werklikhei­dsreeks Boer Soek ’n Vrou selde kontak met Marita gehad.

En veral nie nadat Marilyn vir Johan Uys (61) ná hul kortstondi­ge verhouding in sy maai gestuur het nie. Sy het hoogstens so af en toe ’n WhatsApp-boodskap met Marita en Marinda, die derde vrou wat op Johan se plaas was, gedeel.

Maar toe lui die foon daardie middag in die restaurant en so half teen haar sin het die 44-jarige Marilyn, ’n rekenmeest­er, geantwoord.

“Marita wou my laat weet sy en Johan het saam gaan koffie drink,” vertel Marilyn oor ’n koppie koffie in haar luukse meenthuis in Fourways.

“Toe het ek haar vertel wie en wat Johan werklik is.”

Maar toe Marilyn haar oë uitvee, lees sy in die media die nuus oor Johan en sy nuwe liefde, die einste Marita.

Boer Johan het vroeër aan Huisgenoot gesê hy het Marita op 5 November verlede jaar, ’n volle vier maande nadat hy haar van sy plaas af weggestuur het, gevra om “sy girl” te wees.

Nadat Johan en Marita se verhouding bekend geword het, was foto’s te sien van dié twee waar hulle soen, hande vashou en saam lag.

Dit ten spyte van wat Marilyn vir Marita vertel het. “Ek was so geskok. Hy het haar dan heel eerste huis toe gestuur,” sê Marilyn.

Of sy nou geskok was of nie, sy lag vandag alte lekker oor dié TV-liefdeskra­aines.

“Johan het nadat hy haar huis toe gestuur het vir my en Marinda vertel hoewel hy goed met Marita oor die weg gekom het, hy nie romanties aangetrokk­e tot haar gevoel het nie.

“Dis hoekom ek so verbaas was oor die verhouding.”

Sy en Johan het ’n verhouding gehad, maar dit was van korte duur en hy het haar later op WhatsApp geblok.

En skaars vyf maande nadat Johan en Marita openlik oor hul verhouding gesels het, blyk dit hulle is nie meer bymekaar nie.

“Ek het Marita indirek probeer waarsku, maar wou nie die indruk wek dat ek

 ??  ?? HOOFFOTO: Marilyn van Droogenbro­eck praat oor die oproep toe boer Johan Uys s se eksmeisie Marita Schoombie haar van hulle vertel. LINKS: Marinda (links), Marita en Marilyn is verlede jaar na Johan se p plaas genooi.
HOOFFOTO: Marilyn van Droogenbro­eck praat oor die oproep toe boer Johan Uys s se eksmeisie Marita Schoombie haar van hulle vertel. LINKS: Marinda (links), Marita en Marilyn is verlede jaar na Johan se p plaas genooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa