Huisgenoot

Nooi van Bloem skaam oor affair

Sy was die slagoffer, sê Christi-Ann, wat gedagvaar word omdat sy glo haar ‘kleinneef ’ van sy vrou afgerokkel het. Tog is sy nou spyt oor alles

- Deur MARELIZE SCHEEPERS

SY KON nie verstaan wat die oom gedurig by die stalle kom maak terwyl sy met die perde werk nie. Willem van Schalkwyk het altyd so belangstel­lend gekyk na wat sy daar doen, maar eers later sou sy agterkom dis eintlik in háár wat hy belangstel . . . Christi-Ann Roberts (25) raak kortkort stil wanneer sy praat oor haar destydse verhouding met Willem (49), die bebaarde man wie se gewese vrou, Lizette (47), haar nou in die hooggeregs­hof in Bloemfonte­in vir R1,5 miljoen dagvaar. Lizette beweer die veel jonger Christi-Ann, Willem se “kleinniggi­e”, het hom ná hul huwelik van byna 20 jaar afgerokkel.

Maar Christi-Ann skud haar kop oor dié ding wat haar jongmensle­we kom versuur het. In ’n eksklusiew­e onderhoud met Huisgenoot stel die vrou met die lang, donker hare en blou oë dit duidelik: Sy was die slagoffer, nie Willem nie. Hy was dan vir haar soos die pa sonder wie sy grootgewor­d het.

Haar ouers is geskei toe sy nog klein was. En Willem is verlangs familie – haar ma, Stephanie, is sy ma se kleinniggi­e.

Sy het juis op Willem en Lizette se plaas buite Bloemfonte­in gaan werk nadat Stephanie hulle vertel het haar dogter sukkel om werk te kry.

Christi-Ann onthou die eerste keer toe Willem tydens ’n wandeling op die plaas haar hand gevat het. “Dit was vir my eers vreemd, maar ek het nie geweet of ’n pa sy dogter se hand sou vat terwyl hulle stap nie,’’ vertel Christi-Ann in haar prokureur, Rikus Stander, se kantoor in Westdene, Bloemfonte­in.

“Ek was baie naïef en het nie agtergekom wat hy besig was om te doen nie.’’

Dit was vyf jaar gelede; sy was toe net 20. Die verbode verhouding wat ná daardie eerste wandelinge ontwikkel het, het nou eers ’n bitter nasleep in die hof. In dié tyd het Willem sy vrou verlaat en van haar geskei, maar sy verhouding met Christi-Ann het ook op die rotse beland.

Willem en Lizette werk nou weer aan hul verhouding, maar sy gaan met haar eis teen Christi-Ann voort.

“Ek doen dit om aan ander mans of vroue wat verkul word, te wys hulle kan hulself bemagtig,” het Lizette aan Huisgenoot gesê toe sy haar kant van die storie in die vorige uitgawe vertel. Sy het volgehou sy het Willem en Christi-Ann albei vergewe.

Ook Christi-Ann sê nou sy het Willem vergewe, “maar ek is steeds vir hom kwaad omdat hy my maagdelikh­eid gesteel het’’.

SY HET Willem op Valentynsd­ag in 2013 die eerste keer ontmoet toe hy en Lizette haar ma, Stephanie, na ’n dans saamgenooi het. Christi-Ann is die aand saam met haar ma daarheen. “Hy het vreeslik ongeskik en kwaai gelyk,” onthou sy haar eerste indrukke van Willem.

Toe Lizette die aand hoor Christi-Ann is werkloos het sy haar werk aangebied: om op hul plaas, Zanchieta Wild Cat Farm, met die perde te help. Christi-Ann het daarna by Zanchieta ingetrek, waar Lizette siek en beseerde wilde diere versorg.

Die “kwaai Willem” het gou ál vriendelik­er geword. “Een middag het hy gesê ons moet gaan stap. Terwyl ons na die lande toe gestap het, het hy my hand gevat.”

Later het Willem by haar begin bieg dat dinge in sy huwelik nie lekker is nie. “Ek het vir hom gesê hy moet vir Lizette blomme koop. Ek wou hom altyd met sy huwelik help. Ek is nie gewoond daaraan dat ’n oom my van sy hartseer en pyne vertel nie,” sê Christi-Ann.

Toe kom daardie dag in April 2013: hul eerste soen. Dit het by die perdestall­e gebeur en Willem het haar vasgedruk. “Ek was baie geskok.”

Tog was dit die begin van ’n vurige verhouding wat net ’n bietjie meer as ’n jaar geduur het.

“Hy het my mak gemaak,’’ sê ChristiAnn. Sy was die enigste van die vrywillige­rs wat op die plaas gewerk het vir wie hy skyfies of koeldrank gebring het.

Sy beweer hy het haar “onder sy duim gehad” en druk op haar uitgeoefen om intiem met hom te wees. “Die eerste keer toe ons seks het, het Willem gesê ek moet óf met hom seks hê óf hy gaan almal van ons verhouding vertel.”

Ja, hulle was saam weg op vakansies in die Drakensber­ge en in Mosambiek, erken sy. Maar hulle het nooit in Willem en Lizette se huweliksbe­d seks gehad soos Lizette beweer nie, sê Christi-Ann. “Ek was nooit eens in hul slaapkamer nie.’’

“Willem het vir luukse vakansies en verblyf, vliegtuigk­aartjies en geskenke betaal,’’ sê Rikus, Christi-Ann se regsvertee­nwoordiger.

Daardie Mei, ’n maand ná hul eerste soen, het Christi-Ann Zanchieta verlaat. Sy het van Willem probeer wegkom, maar hy wou haar nie laat gaan nie, sê sy.

Haar prokureur, Rikus, val weer in: “Hy het by haar ma gekla en gekerm omdat Christi-Ann niks met hom te doen wil hê nie. Ook omdat ChristiAnn geen planne vir ’n toekoms saam met hom gehad het nie en nie saam met hom na Marloth Park (in Mpumalanga) wou trek nie.”

Willem het in September 2013 daarheen getrek, en die Van Schalkwyks se egskeiding is daardie Oktober afgehandel.

Christi-Ann ontken dat sy ooit by Willem in Marloth Park ingetrek het, soos Lizette beweer. Sy gee toe dat sy wel by hom gaan kuier het. Tog het sy oor die verhouding skuldig gevoel en kort ná die egskeiding vir Lizette in ’n reeks WhatsApp-boodskappe daarvan vertel.

Stephanie was teen haar dogter se verhouding met die veel ouer man gekant. Hier in die prokureurs­kantoor vertel die ma hoe sy in Desember 2013 haar dogter met vakansie Zanzibar toe geneem het in die hoop om die saak daar rustig met haar te bespreek. Maar toe Christi-Ann terloops vir Willem vertel waar hulle is, het hy op die eiland aan die ooskus van Afrika opgedaag en die kamer langs hulle bespreek.

Christi-Ann onthou hoe hulle op pad terug baklei het omdat Willem haar selfoon vir ’n dag van haar weggevat het. “Ek mag nooit vriende gehad het nie. Hy moes nommer een in my lewe wees, anders het hy kwaad geraak.’’

Teen Julie 2014 het sy die verhouding verbreek nadat sy glo begin vermoed het Willem het ’n verhouding met haar en met sy gewese vrou.

Christi-Ann het intussen weer liefde by ’n man van haar eie portuur gevind, maar sy wil nie daaroor uitwei nie.

Vandag is sy oor alles spyt, sê ChristiAnn, wat sedertdien weens epilepties­e toevalle medies ongeskik verklaar is om te werk.

Sy is veral jammer dat sy Lizette seergemaak het en het haar in ’n SMS verskoning gevra. “Ek is regtig baie jammer,’’ het sy geskryf. “Ek weet ’n mens kan nie iemand oor dit vergewe nie, maar ek sal bid dat tannie my eendag vergewe.”

Christi-Ann wil ander jong meisies waarsku om versigtig te wees vir ouer mans.

“Ek was aanvanklik vir hom lief soos ’n dogter vir ’n pa, maar die liefde is blind.’’

In ’n WhatsApp-boodskap aan Huisgenoot het Willem gesê Christi-Ann het baie met hom oor haar biologiese pa gepraat. “Sy het baiekeer gesê sy hou van ouer mans en dat dit maklik is om hulle van hul vroue weg te vat.’’

Hy beweer hy het haar die eerste keer gesoen tydens ’n rit in sy bakkie in die veld nadat sy “heeltyd gevra het waar haar soen is”.

Hy ontken, nes Christi-Ann, dat hulle ooit in sy en Lizette se kamer intiem verkeer het. “Wanneer Lizette vroeg na die gim gegaan of werk toe gery het, het Christi-Ann boontoe gekom na ons huis met haar nagklere of sweetpak aan a en soms langs my in die bed geklim,’’ k vertel Willem.

“Ek en Christi-Ann was ’n paar keer k saam weg voor ek en Lizette geskei sk is,’’ sê Willem oor hul vakansies. Hy H bevestig ook dat hy saam met haar h en haar ma, Stephanie, op Zanzibar zi was. Hy het Christi-Ann se foon net n een keer weggevat, en dit saam met m syne op sy bedkassie gesit, “want almal al het ons gepla’’.

Oor die WhatsApp-boodskappe waarin w Christi-Ann vir Lizette van hul hu verhouding vertel het, sê Willem hy is oortuig daarvan dat sy dit gedoen ge het sodat Lizette hom finaal sou so los en kontak met hom sou verbreek. br

 ??  ?? HOOFFOTO: Christi-Ann Roberts, wat weens beweerde afrokkelin­g gedagvaar word nadat sy en Willem van Schalkwyk (REGS) ’n verhouding gehad het.
HOOFFOTO: Christi-Ann Roberts, wat weens beweerde afrokkelin­g gedagvaar word nadat sy en Willem van Schalkwyk (REGS) ’n verhouding gehad het.
 ??  ?? Willem se eksvrou, Lizette, wat Christi-Ann vir R1,5 miljoen dagvaar. Sy voer aan die jong vrou het haar man van haar afgerokkel.
Willem se eksvrou, Lizette, wat Christi-Ann vir R1,5 miljoen dagvaar. Sy voer aan die jong vrou het haar man van haar afgerokkel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa