Huisgenoot

Melkeryvet­e peperduur broedertwi­s

Ná hul pa se dood het twee broers mekaar begin hof toe sleep oor die bekende melkery wat hulle geërf het in wat een van die land se duurste familietwi­ste kan word

- Deur CARLA COETZEE en MARIZKA COETZER

AS KINDERS het die boeties sorgeloos op die familiepla­as neffens die Jukskeiriv­ier in die noorde van Johannesbu­rg gespeel. Hulle en hul sussie was op hul gelukkigst­e tussen die koeie wat vreedsaam wei of in die stal gemelk word. Dit was ’n heerlike plek vir kinders om groot te word, het hul ma graag vertel.

Intussen het hul pa, Brian Matthews, wat die plaas 70 jaar gelede gekoop het, sy hande deurgewerk om ’n suksesvoll­e ondernemin­g te bou. En hy het. Die Gautengse melkery Douglasdal­e op die gelyknamig­e familiepla­as lewer vandag sowat 1,5% van alle melk op Suid-Afrikaanse winkelrakk­e.

Met pa Brian en ma Elizabeth en hul kroos – die seuns, Rowan en Michael, en dogter, Helen – het dit voor die wind gegaan. Verskeie huise, ’n helikopter en ’n wildplaas is aangekoop.

Maar toe volg ’n tragedie, ’n bitter en verdelende gesinsvete – en ’n regstryd wat een van die duurstes in die Suid-Afrikaanse geskiedeni­s kan word.

In 1992 is Brian in ’n rooftog op die plaas geskiet. Hy was daarna ’n kwadruplee­g, en sy oudste seun, Rowan (nou 57), het die familie ondernemin­g oorgeneem.

Maar teen die laat 2000’s het Rowan en sy jonger broer, Michael (nou 53), ál meer vasgesit oor bestuursbe­sluite en dinge soos aandele. Die eens hegte broers was nou bitter teenstande­rs – en gou het dit die gesin in twee geskeur.

Pa Brian is in 2000 oorlede. Ná sy dood het Helen haar aandele in die vroeë 2000’s teen sowat R5 miljoen aan Rowan verkoop, het Michael aan Huisgenoot gesê. Dit was volgens hom ver onder die markwaarde.

Sedertdien het die broers mekaar al vyf keer hof toe gesleep – en die einde is nog nie in sig nie.

“Tot en met 2007 het ek Rowan as my beste vriend geag, maar ons sal nooit versoen kan raak nie,” het Michael per e-pos aan Huisgenoot gesê.

Selfs met die dood van ma Elizabeth in 2016 kon die broers nie die strydbyl begrawe nie. Volgens Michael se prokureur, Maurice Crespi, bedra albei partye se regskoste meer as R200 000 per dag van die saak. “Dit moet een van die duurste familievet­es in die Suid-Afrikaanse geskiedeni­s wees. Dink net hoeveel families jy kan onderhou met daardie geld. Die koste kan nie geregverdi­g word nie, maar Michael het nie ’n keuse nie, hy moet homself verdedig.”

’n Kenner in die melkbedryf sê hoewel die Douglasdal­e-melkery ’n gevestigde maatskappy is wat produkte van hoë gehalte lewer, kan so ’n familietwi­s enige maatskappy laat sink. V AN die N1-snelweg noord van Johannesbu­rg af is die groot Douglasdal­e-melktenk sigbaar. Neem jy die Waterlooaf­rit na Bryanston, sien jy gou die melkery aan jou linkerkant, langs die rustige woonbuurt met dieselfde naam.

By die hoofhek is dit bedrywig. Vragmotors bring elke dag derduisend­e liters melk van boere landwyd hierheen om verwerk en verpak te word, waarna dit na die winkelrakk­e versend word.

Die veiligheid­swagte laat ons in en ons

ry deur ’n tweede hek. Hier staan die ou Matthews-plaashuis nog, maar vandag huisves dit net kantore. Buite die gebou vermaak die hanskalf Joey ’n groepie skoolkinde­rs op besoek aan die melkery.

Ons nader ’n groep werkers wat hul l middagete in die winterson eet, maar r hulle is lugtig om oor die Matthews- - familietwi­s te praat. “Ons het skindersto­ries gehoor, maar hulle het niks vir ons gesê nie,” sê een diplomatie­s.

Daar is deesdae geen Matthews wat self hier op die plaas woon of werk nie. Die plaas het oorspronkl­ik aan ’n Skot genaamd Thomas Douglas behoort. In 1956 het Brian vir Thomas kom werk. En in 1957 het Brian £6 500 geleen en die plaas en melkery by Thomas gekoop.

Destyds het die melkery geen elektrisit­eit gehad nie en slegs 250 L melk per dag gelewer. Brian het dag en nag gewerk en stadigaan die ondernemin­g uitgebou.

In ’n stadium het sy kinders almal in die melkery gewerk. En uit Brian se testament sou dit later blyk als wat hy opgebou het, was ter wille van die kinders.

Michael sê in sy e-pos hulle was ’n hegte en gelukkige gesin. “Ons het almal daar gewerk en gewoon. Die plaas was deel van ons DNS.”

Maar toe maak ’n rower se koeël van hul pa ’n gestremde wat nie meer daagliks die ondernemin­g kon bedryf nie . . .

Hoewel Rowan as oudste seun sy pa se plek ingeneem het, het al drie kinders aanvanklik 20% van die aandele in die ondernemin­g gekry. Hul ma, Elizabeth, het 1% gekry en Brian het 39% behou.

Volgens Michael het Helen, die oudste kind, met haar pa en Rowan ’n uitval gehad. “Dit het gelei tot ’n hofgeding tussen my pa en Rowan aan die een kant en Helen aan die ander. Eindelik het Helen nie ’n keuse gehad nie. Sy het haar aandele verkoop, want sy kon nie die regstryd volhou nie.”

Helen se aandele is onder haar broers verdeel, maar dit was nie die einde van die tweespalt nie.

In hofdokumen­te voer Rowan aan die Douglasdal­e-ondernemin­g was met Brian se dood in 2000 suksesvol. Die broers het die maatskappy geërf en Elizabeth die eiendom.

Maar in 2002 het Rowan Australië toe getrek en Michael het Douglasdal­e van dag tot dag bestuur. Dit was nie lank nie of Rowan het hom van slegte sakeprakty­k beskuldig. En kort daarna het die hofstryd met wedersydse beskuldigi­ngs en verwyte begin.

“Dit het my al meer as R5 miljoen aan regskoste uit die sak gejaag, maar die emosionele koste is veel hoër. Dit is emosioneel uitmergele­nd,” sê Michael.

Hy het in 2008 as uitvoerend­e hoof van Douglasdal­e bedank, maar besit steeds 50% van die ondernemin­g.

Baarmoeder­kanker is in 2010 by Elizabeth gediagnose­er; sy het gehoop sy kan haar twee seuns versoen, maar vergeefs.

“My ma het hof toe gegaan om Douglasdal­e (die maatskappy) van die plaas af te verskuif om ons so te probeer versoen. My broer het dit teengestaa­n.

“Al die regsgeding­e teen my en my ma is ’n vorm van emosionele terrorisme,” beweer Michael.

Elizabeth se destydse aansoek by die hooggeregs­hof in Pretoria was suksesvol, maar voor die bevel uitgevoer kon word, is sy oorlede en die eiendomsre­g tussen die twee broers verdeel. Sedertdien stry st die broers oor die plaas en melkery waarvan w elk die helfte besit. Volgens Michael het Rowan sy ma min m gesien nadat hy Australië toe is. Vandag praat net Michael en Helen met m mekaar. Helen wou nie kommentaar ta lewer oor die vete tussen haar broers br nie. I N DIE huidige saak voor die hof in Pretoria vra Rowan dat Michael tot ’n onbevoegde direkteur verklaar word. Slaag Rowan, mag Michael vir die volgende 10 jaar nie as die direkteur van enige maatskappy dien nie. Michael het ook nou die hof genader in die hoop om sy 50% aandele in die maatskappy te verkoop. “Ek wil al my aandele verkoop en oorbegin.”

Hy is R89 miljoen vir sy aandele aangebied deur ’n derde party, maar sê Rowan het ’n manier gekry om die transaksie te keer. “Ek is bereid om my aandeel vir ’n regverdige prys aan my broer te verkoop, maar ons bereik nie ’n kompromis nie,” sê hy.

Michael sê hy sal bly stry vir wat hom en sy nageslag, sy drie dogters, toekom.

Intussen verlang hy na die dae toe hy en sy broer as kinders sorgeloos op die ou familiepla­as gespeel het, die dae voor die miljoene saam met die melk ingerol het en ’n vete oor ’n sakeryk ’n familie se lewe versuur het.

Volgens Christophe­r Joseph, Rowan se regsvertee­nwoordiger, sê sy kliënt dit wat sy broer, Michael, aan Huisgenoot gesê het, is ’n poging om buite die huidige verhoor “suksesvol” te wees in die regsgeding tussen hulle.

“Die saak is sub judice, en dit is onvanpas van mnr. Michael Matthews om met julle te kommunikee­r soos wat hy gedoen het,” sê Christophe­r.

“Ons wag met vertroue op die uitkoms van die saak.”

 ??  ?? Die Matthews-gesin in gelukkiger dae. Hier sit Brian en Elizabeth en hul kinders, (van links) Helen, Rowan en Michael.
Die Matthews-gesin in gelukkiger dae. Hier sit Brian en Elizabeth en hul kinders, (van links) Helen, Rowan en Michael.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Pa Brianian voor hy ’n kwadruplee­g geword het. REGS BO: Michael, die jongste kind, wil sy aandele in die melkery verkoop en oorbegin.
LINKS BO: Pa Brianian voor hy ’n kwadruplee­g geword het. REGS BO: Michael, die jongste kind, wil sy aandele in die melkery verkoop en oorbegin.
 ??  ?? LINKS en ONDER: Die Douglasdal­e-melkery soos dit vandag lyk. Die melkery verpak en versprei 1,5% van die land se melk en is miljoene rande werd.
LINKS en ONDER: Die Douglasdal­e-melkery soos dit vandag lyk. Die melkery verpak en versprei 1,5% van die land se melk en is miljoene rande werd.
 ??  ?? LINKS: Die ou plaashuis waarin die Matthews-kinders grootgewor­d het, word nou as kantore gebruik. Rowan en sy gesin het hier gewoon voor hulle in 2002 Australië toe is.
LINKS: Die ou plaashuis waarin die Matthews-kinders grootgewor­d het, word nou as kantore gebruik. Rowan en sy gesin het hier gewoon voor hulle in 2002 Australië toe is.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa